Rus 'n Bietjie Selfsorg Akkomodasie - Boknes Strand

Rus 'n Bietjie Selfsorg Akkomodasie - Boknes Strand Die Vakansiehuis is in die klein kusdorpie Boknesstrand in die Oos-Kaap. Boknesstrand is die ideale

16/09/2022

Die Vakansiehuis is in die klein kusdorpie Boknesstrand in die Oos-Kaap.

Boknesstrand is die ideale bestemming vir gaste wat wil weg kom van die rep en roer van die stad.

Die selfsorg huis het 4 slaapkamers en 2 badkamers. Die hoofslaapkamer het 'n koninggrootte bed en 'n en-suite-badkamer met 'n stort, 'n bad, wasbak en toilet. Die tweede kamer het 'n koningingrootte -bed. Die derde kamer het 'n koningingrootte bed. Die Vierdie kamer het 1 enkelbed met n stapelbed(2 enkel) .Die 2de badkamer het n stort, bad, wasbak en toilet.
Buitekamer het n dubbel bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, 'n bad, wasbak en toilet.

Die huis het 'n goed toegeruste kombuis en 'n oopplan-sitkamer en -eetarea. Die kombuis het n yskas/vrieskas, mikrogolf en stoof. Die was kamer het 'n wasmasjien, tuimeldroƫr en' n vrieskas. Die sitarea het gemaklike rusbanke, 'n TV en dvd speler. (Julle kan jul eie dstv dekodeerder saam neem). DiƩ vertrek lei na 'n binnebraai-area. Verder het die huis 'n alarmstelsel en dubbel afdakke vir parkeerplek.
Sowat 1km vanaf die strand.

Die ligging is gerieflik onder 150 km van Port Elizabeth en net 'n kort entjie se ry van Port Alfred, Alexandria, Cannon Rocks en Kenton-on-Sea af.

Ongelukkig word geen diere toegelaat nie.

Kom geniet die rustige omgewing in ons gerieflike vakansie-akkommodasie!
Kontak my gerus Yolandi - 083 438 3636.

30/06/2021

Volgens die POPIA Wet wat more 1 Julie 2021 in werking tree, is ek verplig om 2 vrae aan elke persoon op die groep te vra:
1. Wil jy deel wees van die groep?
2. Onderneem jy om nie die persoonlike inligting van die lede sigbaar elders te gebruik nie?
Indien jy JA kan antwoord, bly asb op die groep. Jy hoef nie 'n antwoord te stuur nie
Indien jy NEE antwoord, verlaat asb die groep vir almal se veiligheid.
Ek glo elke een verstaan en sal ons in hierdie verband help.
Indien jy nie bewus is van hierdie wet nie, vergewis jouself in die verband.

According to the POPIA Act which will come into effect tomorrow 1 July 2021, I am obliged to ask 2 questions to each person in the group:
1. Do you want to be part of the group?
2. Do you undertake not to use the personal information of the members visibly elsewhere?
If you can answer YES, please stay on the group. You do not have to send a reply
If you answer NO, please leave the group for everyone's safety.
I believe everyone understands and will help us in this regard.
If you are not aware of this law, please familiarize yourself with it.

Welkom by Rus 'n Bietjie selfsorg Akkomodasie.Kom Onstpan, Verfris en Geniet julle wegbreek.Die bestemming vir gaste wat...
12/03/2021

Welkom by Rus 'n Bietjie selfsorg Akkomodasie.
Kom Onstpan, Verfris en Geniet julle wegbreek.
Die bestemming vir gaste wat wil weg kom van die rep en roer van die stad.

Address

305 Hoof Straat
Ndlambe
6189

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Rus 'n Bietjie Selfsorg Akkomodasie - Boknes Strand posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Share