Steenbok Herberg

Directions Website Contact the business

Steenbok Herberg Manskoshuis van Bo-Karoo Opleiding

🎄🍻 Steenbok Ruk is terug! 🦌🔥 13 November | 17:00 | Klanggrens R30 per span • R15 pp Bring jou span en kom ruk saam! 💚Pry...
23/10/2026

🎄🍻 Steenbok Ruk is terug! 🦌🔥 13 November | 17:00 | Klanggrens R30 per span • R15 pp Bring jou span en kom ruk saam! 💚
Pryse te wen vir Eerste en tweede plek asook beste gees🦌💚

Dis waar koshuisgees en broederskap bymekaarkom!🦌Van die veld tot langs die kantlyn, die gees was oral. Verskillende kos...
11/10/2026

Dis waar koshuisgees en broederskap bymekaarkom!🦌

Van die veld tot langs die kantlyn, die gees was oral. Verskillende koshuise, nuwe herinneringe en kompetisie wat almal saambring! 💚🦌

11/10/2026

🔥 INTERNASIONALE KOSHUIS LIGA🔥

Verskillende koshuise, een passie! 💪 Van BKO tot Sol-Tech het die gees, broederskap en kompetisie behoorlik gewys. Dis meer as net sport — dis koshuis trots! 💚

Literêre Uitdaging 2026 🦌Baie geluk aan William Marshel wat 3de plek verkry het by hierdie jaar se literêre uitdaging.On...
14/09/2026

Literêre Uitdaging 2026 🦌
Baie geluk aan William Marshel wat 3de plek verkry het by hierdie jaar se literêre uitdaging.
Ons is baie trots op jou 💚

Huis Komitee 26/27 🦌Primarius:Zig (Ziggy) BassonOnder-Primarius en Sport:Andrew (Sous) ErasmusBemarking:Shiloh (Silo) Gr...
12/09/2026

Huis Komitee 26/27 🦌

Primarius:Zig (Ziggy) Basson
Onder-Primarius en Sport:Andrew (Sous) Erasmus
Bemarking:Shiloh (Silo) Grewar
Akademie:Duan (PC) Geldenhuys
Kultuur:Driaan (Robbie) Jacobs
SR-Voog:Albert (Woewoe) Smit

Sterkte met julle nuwe termyn manne,maak ons koshuis trots 💚

29/08/2026

🎬 Steenbok RUK BLOOPERS 😂

Die ernstige video het darem deurgekom… maar nie sonder ’n paar ongelukkige oomblikke agter die skerms nie. 💀

Hier is wat gebeur wanneer ons probeer om professioneel te wees.

07/08/2026

🏑 2v2 Hokkie Toernooi 🏑

Die 2v2 hokkie toernooi was hierdie week aan die gang, Zig, Snorre & GR het besluit om hul beste hokkievaardighede — of wat daarvan oor is — te wys. 😂

Zig met die spoed, Snorre met die finesse en GR… wel, GR was ook daar. 💀

Van sweet, val en desperate pogings om die bal te slaan tot groot praatjies langs die veld — dit was net stof waar jy kyk.
100% Hart 💚 100% Steenbok 🦌 100% Gees 🤭 0% Professionaliteit. 😔

❄️ Ysbeertjie 2026 Hulle sê 'n koue duik is goed vir jou... ons wag nog vir die voordele. 🥶😂Steenbok het die yswater oor...
28/07/2026

❄️ Ysbeertjie 2026
Hulle sê 'n koue duik is goed vir jou... ons wag nog vir die voordele. 🥶😂
Steenbok het die yswater oorleef, die geskree ook, en niemand is agtergelaat nie. 🦌

Dankie HK van 25/26 🦌Aan ons Huiskomitee – dankie vir 'n termyn van harde werk, opoffering en toewyding. Julle het elke ...
16/07/2026

Dankie HK van 25/26 🦌

Aan ons Huiskomitee – dankie vir 'n termyn van harde werk, opoffering en toewyding. Julle het elke uitdaging aangepak met die beste belang van Steenbok op die hart. Nie elke uur, besluit of opoffering was sigbaar nie, maar dit het 'n verskil gemaak.
Steenbok is vandag sterker danksy elkeen van julle. Mag julle met trots terugkyk op wat julle saam opgebou het. 💚

🎓 BKO Promovering 2026 👨🏻‍🎓Na twee jaar van harde werk, uitdagings en groei neem ons afskeid van ons 2de jaar Steenbok A...
19/06/2026

🎓 BKO Promovering 2026 👨🏻‍🎓

Na twee jaar van harde werk, uitdagings en groei neem ons afskeid van ons 2de jaar Steenbok Ambag-studente. Julle het elke uitdaging aangepak, deurgedruk wanneer dit moeilik geraak het, en vandag staan julle gereed vir die volgende hoofstuk. 💚

Mag julle jul voete vind buite Orania, nuwe geleenthede aangryp en met trots die waardes wat julle hier geleer het uitleef. Onthou egter: waarheen die pad julle ook al neem, sal Steenbok altyd deel van julle storie wees. 🦌

Dra Steenbok in julle harte, bly trots op waar julle vandaan kom, en gaan maak 'n verskil in die wêreld.

Baie geluk aan die volgende Steenbok inwoners wat aangekondig is as die beste student in hulle onderskeie studierigting:
Elektries-Henrico de Klerk (Faan) (Foto 11)
Bou-en Siviele Konstruksie-Edrick van Zyl (GR) (Foto 9)

Address

Diamantlaan
Orania
8752

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Steenbok Herberg posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Business

Send a message to Steenbok Herberg:

Shortcuts

Share

Category