19/06/2026
🎓 BKO Promovering 2026 👨🏻🎓
Na twee jaar van harde werk, uitdagings en groei neem ons afskeid van ons 2de jaar Steenbok Ambag-studente. Julle het elke uitdaging aangepak, deurgedruk wanneer dit moeilik geraak het, en vandag staan julle gereed vir die volgende hoofstuk. 💚
Mag julle jul voete vind buite Orania, nuwe geleenthede aangryp en met trots die waardes wat julle hier geleer het uitleef. Onthou egter: waarheen die pad julle ook al neem, sal Steenbok altyd deel van julle storie wees. 🦌
Dra Steenbok in julle harte, bly trots op waar julle vandaan kom, en gaan maak 'n verskil in die wêreld.
Baie geluk aan die volgende Steenbok inwoners wat aangekondig is as die beste student in hulle onderskeie studierigting:
Elektries-Henrico de Klerk (Faan) (Foto 11)
Bou-en Siviele Konstruksie-Edrick van Zyl (GR) (Foto 9)