ORA Verblyf

ORA Verblyf Orania ORA-Verblyf is selfsorg eenhede in ORANIA van hoogstaande gehalte, waar gaste in gemak kan tuisgaan terwyl hulle ons unieke Boere-dorpie verken!

Stoffel se 11 de verjaarsdag partytjie is nou 11 dae weg....Ella, wat saam met my die eenhede in orde kry, se 8 jarige d...
27/06/2024

Stoffel se 11 de verjaarsdag partytjie is nou 11 dae weg....

Ella, wat saam met my die eenhede in orde kry, se 8 jarige dogtertjie het solank n prent van Stoffel geteken, wat op 8 Julie tydens die partytjie op die yskas geplaas word. Intussen is die 15 kolwyntjies reeds bestel.

Die van Heerden gesin van Vryheid geniet hierdie week ons winteraanbod van bly 7 dae, maar betaal slegs vir 5 dae. As ek na die glimlagte op hulle gesigte kyk, lyk dit of hulle baie lekker kuier.

Die aanbod is nog geldig tot 31 Augustus....0828212528

Die Akkomodasie bedryf is nie altyd maklik nie, maar is baie beloning waardig....Dit was vanoggend so lekker om hierdie ...
16/06/2024

Die Akkomodasie bedryf is nie altyd maklik nie, maar is baie beloning waardig....

Dit was vanoggend so lekker om hierdie resensie te kry. Alhoewel n mens se produk nooit perfek kan wees nie, is dit lekker om te weet dat mense jou produk geniet.

Ons het in die 5 jaar in die bedryf gesinne gehad soos die Buys gesin, die Fouches, die Morrisons, die Botes gesin en ander, wat letterlik hulle datums verander as jy hulle nie met hulle datums kan help nie.

Dan weet n mens jy doen meer dinge reg as verkeerd.

Enige iemand wat 8 Julie wil kom bly, bly gratis, dan hou ons Stoffel se 11 de verjaarsdag partytjie. Stoffel was deur die 11 jare, (6 jaar in Lamberts baai en 5 jaar in Orania) een van ons besigheid se geheime wapens.

Kontak ons op 0828212528....Desember raak nou vinnig vol....

Onthou gerus ons winter aanbod, daar het nou al 4 verskillende gaste daarvan gebruik gemaak....Bly tot einde Augustus vi...
11/06/2024

Onthou gerus ons winter aanbod, daar het nou al 4 verskillende gaste daarvan gebruik gemaak....

Bly tot einde Augustus vir 7 dae, maar betaal slegs vir 5 dae!

Dit beteken bv dat 2 persone in ORA Mini kan bly vir 7 dae vir n raps oor die 3 duisend rand, of dat 4 mense vir 7 dae in ORA 1 kan bly vir onder 5 duisend rand!

Die beddens het elektriese komberse en ons sit in die hartjie van die winter vir jou Gas verwarmers in die eenhede. Las goeie wifi en Premium Dstv by, en jy sal verstaan hoekom dieselfde mense weer en weer terugkom.

Kontak ons op Whatts App.....0828212528

Ons hou nou braaihout aan vir ons gaste se gerief....Ons hou nou braaihout aan van 3 verskillende hoeveelhede, soos jull...
08/05/2024

Ons hou nou braaihout aan vir ons gaste se gerief....

Ons hou nou braaihout aan van 3 verskillende hoeveelhede, soos julle op die fotos kan sien. Julle kan dus by ons die hout koop teen n uiters billike prys. Ons probeer n jong man help om n bietjie ekstra inkomste te verdien, en maak geen wins op die hout nie.

Dis blykbaar doringhout en swarthaak hout.

Intussen kuier n wyfie Basset en haar vet vriendin hier by ORA Verblyf, net die vet vriendin se kop steek op die foto uit, sy is te vet om in die foto in te pas. As ek kyk hoe verlief Stoffel op die wyfie Basset is, blyk Stoffel nog n jong Ouman te wees.

Ons is troeteldier vriendelik binne redelike perke. Dit gaan dalk egter nie werk as jy met 3 groot honde wil kom kuier nie.

ORANIA GAAN GROOT naweek van 6 en 7 September al 3 eenhede vol. Karnavaal 23 tot 29 September al 3 eenhede vol. Desember peak tyd ORA 1 min of meer vol.

Ons neem klein depositos om jou lewe makliker te maak....0828212528

Julle sal nooit kan raai wie het vir Doelien gaan kuier by Borrels en Blaf nie....Op 8 Julie hou ons partytjie vir Stoff...
25/04/2024

Julle sal nooit kan raai wie het vir Doelien gaan kuier by Borrels en Blaf nie....

Op 8 Julie hou ons partytjie vir Stoffel se 11 de verjaarsdag. Daardie dag bly almal verniet....

Biltong slaai en die lekkerste koffie in die Suidelike Halfrond....Waar?....By KANTIEN koffie winkel in Orania.Hulle is ...
23/04/2024

Biltong slaai en die lekkerste koffie in die Suidelike Halfrond....

Waar?....By KANTIEN koffie winkel in Orania.

Hulle is al oop van 7 uur in die oggend.

Dalk wil jy ook kom uitvind hoekom ORA Verblyf n 80 - 90% besetting het dwars deur die jaar....0828212528

Orania het vele lekker eetplekke....Julle moet eenvoudig n draai gaan maak by Melk en Heuning as julle ons dorp besoek. ...
20/04/2024

Orania het vele lekker eetplekke....

Julle moet eenvoudig n draai gaan maak by Melk en Heuning as julle ons dorp besoek. Die winkel is iets baie besonders en enig in sy soort op ons dorp. Van kos, neute, droè vrugte en vele meer. Veral die skoner geslag sal nie kan wegbly van Melk en Heuning nie!

Dan moet julle ook n draai gaan maak by Snippie Snappie. Tiks Delport en haar man is nou n paar maande op ons dorp vanaf Mosselbaai.

Die waarde vir geld by Snippie Snappie kan nie geklop word nie, bv n volle ontbyt met koffie vir 70.00. My gunsteling by Tiks se plek is die Hoender Schnitzel en slaai of skyfies vir 75.00.

Wat ook n groot bonus is op ons dorp is dat sommige eetplekke al van 7 uur in die oggend oop is.

Kom geniet gerus Orania se gasvryheid, en natuurlik, kom bly by ORA Verblyf.....0828212528

Die koue is hier....Die weer het vinnig gedraai, 10 dae terug was ek nog in die swembadjie. Gelukkig het ons elektriese ...
09/04/2024

Die koue is hier....

Die weer het vinnig gedraai, 10 dae terug was ek nog in die swembadjie. Gelukkig het ons elektriese komberse sowel as gas verwarmers vir die winter.

Onthou ons winter aanbod 1 Mei tot 31 Augustus. Bespreek vir 7 dae, maar betaal net vir 5 dae.

ORA 1 min of meer vol bespreek vir Desember. ORA 2 en Mini nog heelwat plek. Dalk moet jy maar met ons gesels as jy Desember wil kom.

27 April tot 4 Mei kry ons n interesante kuiergas. Ek kan nie wag om n paar fotos te plaas nie.

Kontak ons op 0828212528....

Met die hittegolf toestande is ons swembadjie se water nog 28 grade....Dus gaan daar nog elke dag in die swembadjie geku...
21/03/2024

Met die hittegolf toestande is ons swembadjie se water nog 28 grade....

Dus gaan daar nog elke dag in die swembadjie gekuier word tot binne in April in.

Ons is vol tot so 7 April, daarna kan ons weer help....0828212528

ORA Verblyf se 2 staatmakers wat saam met die Ouman werk....Links is Ella van der Berg, wat al langer as 2 jaar saam met...
14/03/2024

ORA Verblyf se 2 staatmakers wat saam met die Ouman werk....

Links is Ella van der Berg, wat al langer as 2 jaar saam met my is. Die dag as sy uitgekuier is by ORA Verblyf, is ek in baie groot moeilikheid.

Regs is Janet O'Neil, wat nuut in Orania is, en in haar eerste week by ons. Hopelik gaan die nuwe besem aanhou skoon vee😂

Wally het nogal belangstelling in die fotos gehad, maar soos julle kan sien, het Stoffel dit vervelig gevind.

Ons is vol tot so 7 April se kant, daarna kan ons weer help.

Ons winter aanbod is oppad, en geld tussen 1 Mei en 31 Augustus. Bespreek 7 dae, maar betaal slegs vir 5 dae. Op Stoffel se verjaarsdag 8 Julie bly almal verniet.

Kontak ons op 0828212528.....

Jy het reeds uitgemis in Maart om vir Orania se 2 mooiste honde te kom kuier, ons is so 95% vol bespreek vir Maart....Jy...
26/02/2024

Jy het reeds uitgemis in Maart om vir Orania se 2 mooiste honde te kom kuier, ons is so 95% vol bespreek vir Maart....

Jy kan egter nog opmaak daarvoor in April, ons besprekings is slegs tans 25% vir daardie maand. Ook is ons weer mooi in April, want dis tussenin die somer en winter.

Kontak ons op 0828212528....

Ai, rondneuk bly maar deel van die pakket in ons bedryf....Nou net Paasnaweek kanselasie gehad in ORA 1. Die eenheid is ...
21/02/2024

Ai, rondneuk bly maar deel van die pakket in ons bedryf....

Nou net Paasnaweek kanselasie gehad in ORA 1. Die eenheid is dus nou vir 7 dae oop tussen 25 Maart en 1 April.

Gesels met ons op 0828212528

As jy al 7 dae wil hè, betaal jy net vir 5 dae....

Address

WitOlienstraat ; Karoosig
Orania
8752

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when ORA Verblyf posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Share

Orania in die dorre Karoo

Die Oranjerivier is Orania se lewensaar - maklik te sien waarom, as mens na die foto hierbo kyk. Orania-OraVerblyf maak binnekort deure oop vir hul eerste gaste. Ons hoop om u ook spoedig hier te sien.