27/08/2026
DIE KLEURRYKE PLATTELAND WAG: Klein Karoo-wêreld is ‘n bestemming soos min. Kom vind ‘n bietjie sielerus, delf in die dorp se interessante geskiedenis of jaag avontuur na. Hier is báie om na uit te sien!
🍷 Smullekker! Proe bekroonde plaaslike wyne en smul aan heerlike Karoo-kos.
🚵 Avontuurlustig? Klouter deur die Kangogrotte of verken die Swartbergpas per fiets.
🦏 Wildlewe – Hier wag meerkat safari’s, wildsritte, olifant-ervarings en vele meer.
🌄 Natuurskoon – Geniet ‘n luilekker rit deur die skilderagtige Swartbergpas.
🎭 Kultuur – Stap deur die hoofstraat en bewonder die pragtige ou sandsteen geboue, besoek die dorpsmuseum en snuffel in die winkeltjies vir unieke aandenkings.
🔥 Gesellige kuier – Geniet ‘n knetterende braaivleisvuur onder die Karoo-sterrehemel.
Bespreek gerieflik aanlyn by www.eldorado-oudtshoorn.co.za.
Karusa Wines & Craft Brewery Cango Wildlife Cango Caves Buffelsdrift Game Lodge Buffelsdrift Game Lodge Go 2 Oudtshoorn