01/09/2026
🦋🌻Dis heerlike lente, die winter is verby.
Ons wens al ons gaste en vriende 'n heerlike lente toe.
🌿Mag jy wonderlike groei ervaar en
mag jy blom waar jy geplant is.
🍊Mag jy goeie vrugte in oorvloed dra.
Hier op die plaas bot die granaatbome en my 1 appelkoosboom is oortrek met bloeisels.
Ons 1st babas vir die seisoen is reeds hier - opgewonde.
Ons sien uit daarna om ons gereelde gaste en natuurlik nuwe gaste by ons te verwelkom.
Kom ervaar die rustigheid van 'n volstruisplaas in die Klein Karoo, ontmoet die volstruise
en kom kyk hoe word eg volstruisleerprodukte gemaak in ons werkswinkel hier op die plaas.👜👛
Oudtshoorn groete,
Elzette & Morné