29/09/2026
‼️‼️‼️‼️‼️‼️‼️‼️‼️‼️‼️‼️‼️‼️
Vandag is my hart so seer oor die lelike tipe mense in ons land. As iemand van n̈ akkommodasie oord wat regtig alles in sit kan sommige mense jou hele mens wees, harde werk, al jou drome binne minute breek. Ons werk onsself oor n̈ mik om ons ou paradysie lekker te maak vir gaste, die natuur ons fokus punt, om stil te kom raak langs die rivier en bietjie asem te skep van die besige wèreld daar buite. Ons is so GESEÈND om hier te kan bly dat ons dit so graag met ander wil deel🙏🏻 Vir weke, maande kry ons soveel amazing gaste wat soveel waardering het vir ons harde werk en alles raak sien, wat regtig rus vir hulle siele by ons kom vind🙌🏻en in een week kom sak die verskriklikste mense op ons toe. Verskillende groepe. Een groep wat absoluut geen respek vir enige reèls of ander gaste het nie. Lees reèls, teken reèls, stem saam met die reèls en sal steeds besluit hulle voel n̈ veer en speel musiek kliphard, so hard dat ander gaste ons moet bel uit soveel ongelukkigheid en frustrasie oor die geraas. As ons beleid sè geen musiek en geraas , waarom sal jy dit goed dink om jou musiek te speel? Is jy regtig so selfsugtig, ignorant, entitled of het jy net regtig absoluut geen respek vir jouself of ander nie💁♀️Spreek jy die groep aan word jy so sleg gemaak op reviews op google en oral waar hulle n̈ plek kan vind om jou en jou besigheid se naam deur die modder te sleep met woorde wat so vèr van die waarheid af is🥺 As ons reèls sè jy mag nie dronk en vallende op die oord wees nie, waarom sal jy gedrink hier aankom en waarom sal jy so spiteful wees en in ons beddens urineer net omdat jy aangespreek is en vir ons n̈ punt wil bewys🥺
Ander groep, met wie jy van dag een so gemoedkomend is, vra nie n̈ ekstra sent meer vir ekstra kinders in die eenheid nie, want daar is nie ander plek nie, so jy sè maar ja vir meer persone in die eenheid as wat daar eintlik in kan wees, want dit is eintlik teen ons beleid,maar jy doen dit want jy wil almal tegemoet kom. Ons doen alles wat ons kan om te gee aan ander en uit te deel in hierdie lewe, ALLES wat ons kan, dit is wat God van ons verwag en dit is wie ons is en hoe ons harte werk. Volgende kry jy die lelikste review en facebook plasings wat jou besigheid so afbreek en sleg maak. Mense met harte wat nie weet hoeveel skade hulle in daardie een review of een plasing doen nie, net omdat hulle voel hulle kan, solank jy jou sè kan sè is dit o.k, maak nie saak hoe seer jy iemand anders maak of watse skade jy doen nie🥹Dit breek letterlik my brein🧠 Of hulle beter slaap en beter voel oor hulleself weet ek regtig nie💁♀️ As ek by n̈ plek kom en nie tevrede is nie gaan ek eenvoudig net nie weer terug nie, ek maak hulle nie sleg nie, ek bless hulle en ek gaan aan met my lewe, so maklik soos dit. Ek sal NOOIT so lelik met iemand kan wees net omdat iets nie is soos ek dit wil hè nie.
My moeg is vanaand moeg en my spoed is effens gebreek oor die mensdom, maar met KRAG🕊 staan ons more weer op en pak n̈ nuwe dag uit genade aan🙌🏻
My hart pyn en ek vra die Here om werklik mense se harte aan te raak, om hulle harte van klip te verwyder en te vervang met harte van vlees🙏🏻🙏🏻🙏🏻 My hart bloei dat mense so lelik kan wees teenoor ander. Mag almal wat al lekker by ons gekuier het en elke een wat nog gaan kom so gebless wees, want ons is gebless beyond words‼️ en wil dit graag deel met almal wat ons besoek.
Jesus liefde, vrede en seèn vir almal🙌🏻🙌🏻
Atleast lief die visarende dit hier by ons🦅