Ons Hoop Meisieskoshuis- Hoër Volkskool Potchefstroom

Call Directions

Ons Hoop Meisieskoshuis- Hoër Volkskool Potchefstroom Waar meisies ware dames word | Follow ons op Instagram & TikTok 🩷 Vir die meisies was daar Ebenhaezer, in Bergstraat, by mnr en mev Zinn. Ons lyk regtig pragtig!

ONS HOOP GESKIEDENIS:

In die begin moes die leerders aan Volkskool self losies vir hulle soek by privaathuise in en om die skool. Die naam “Ebenhaeser” beteken ‘tot hier het die Here ons gehelp’ volgens 1 Samuel 7:12(b). Vir die seuns was daar ‘n losieshuis op die hoek van Wolmarans- en Greylingstraat. Die 20 seuns wat daar gebly het, het die veelseggende, allesomskrywende naam van Treacle Lodge oftewel Pelgrimsrus uitgedink. In 1924 verhuis die leerlinge na Spes Bona op die hoek van Jeugd- en Nieuwestraat. In 1925 het die Provinsiale Administrasie geldelik bygedra en is Werda begin. Die twee seunskoshuise smelt in 1927 saam, onder die naam Werda. Spes Bona doen diens as ‘n meisieskoshuis. Uiteindelik in 1933 word Ons Hoop (Blok A en B) vir die meisies gebou en word dit amptelik op 15 Junie 1933 deur Adminstrateur Bekker ingewy. In 1937 word Blok C voltooi en in gebruik geneem. Jack Pauw koshuis word eers in Desember 1939 voltooi. Daar het julle dit meisies – ons is die oudste koshuis op die terrein! Iets om op trots te wees. Onthou gerus al die meisies wat sedert 1933 deur hierdie koshuisdeure geloop het. Inderdaad ‘n koshuis met ‘n ryke tradisie. A-blok is vandag Karee, B-blok Suikerbos (ingangsportaal, studiesaal en eetsaal), C-blok Wag-‘n- Bietjie. Taaibos is eers later aan Suikerbos gelas om meer meisies te akkommodeer. Die name soos jy oplet is alles boomname wat eg is aan die Wes-Transvaal (vandag Noordwes). Die koshuis op Ons Hoop se briefhoof is Suikerbos. Graad 8’s word in die ‘dormitories’ (slaapsale) van Karee en Wag-‘n-Bietjie gehuisves. Die Presidente (hoofmeisie) bly in Karee en die vise-presidente (onderhoofmeisie) in Wag-‘n-Bietjie. Die snoepie (met die uiters beskrywende naam Holkol) is in Karee. Ons gaan op ‘n Woensdag met ‘n denim (kort- of langbroek) en ons pienk ‘Ons Hoop’ hempies dorp toe. As dit koelerig is (of in die winter) dra ons die koshuisbaadjies met jou naam agterop. Jy sal sommer al die 1ste dag jou baadjie en hempie kan bestel. Ons hou jaarliks: Valentynsokkie, Ma-en Dogteraand, pannekoekaand en ‘n kersboom aan die einde van Oktober. Tussendeur is daar gang- en graadaksies om aan deel te neem. Ons beplan nuwe tradisies en funksies vir 2015. Ons hoop jy is gereed om deel te word van hierdie ryke tradisie.

’n Aand van saamwees en dankbaarheid.Ons Hoop en Jack Pauw het saam om een tafel gekuier en ’n spesiale aand vol lag, li...
19/10/2026

’n Aand van saamwees en dankbaarheid.

Ons Hoop en Jack Pauw het saam om een tafel gekuier en ’n spesiale aand vol lag, liefde en mooi herinneringe gedeel. Wat hierdie aand besonders gemaak het, was nie net die feestelike atmosfeer of die heerlike ete nie, maar die mense, die saamwees en die geleentheid om vir ’n oomblik stil te staan en die mooi dinge in die lewe te waardeer.

Kersfees herinner ons daaraan dat die grootste geskenke nie altyd onder ’n boom lê nie, maar dikwels in die mense om ons, die hande wat ons vashou, die lag wat ons deel en die herinneringe wat ons saam skep.

Tussen al die gesels, glimlagte en feestelike oomblikke het ons weer besef hoe besonders dit is om deel te wees van iets groter as jouself. Twee koshuise, verskillende stories, maar een tafel waar ons saam kon kom en die ware betekenis van Kersfees kon vier.

Mag hierdie aand altyd ’n herinnering bly aan die mooiheid van saamwees, die waarde van vriendskap en die liefde wat ons met mekaar deel. Want op die ou einde is dit nie die groot oomblikke wat ons die langste onthou nie, maar die klein oomblikke wat ons harte vol maak.🎄❤️

Koshuise is meer as net 'n plek om te bly, dit is waar herinneringe gemaak word.Ons Hoop en Jack Pauw het gisteraand saa...
16/10/2026

Koshuise is meer as net 'n plek om te bly, dit is waar herinneringe gemaak word.
Ons Hoop en Jack Pauw het gisteraand saam om die braaivleisvure vergader vir 'n heerlike kersete. Tussen die lekker kos, baie lag en goeie geselskap is vriendskappe versterk en koshuistradisies gevier. Dit is oomblikke soos hierdie wat van 'n koshuis 'n tuiste maak. 🦅

𝙺𝙾𝚂𝙷𝚄𝙸𝚂 𝙼𝙰𝚃𝚁𝙸𝙴𝙺𝙰𝙵𝚂𝙺𝙸𝙴𝙳 ‘26Aan ons matrieks 🤍Vanaand vier ons nie net julle mooiwees nie, maar ook die mense wat julle ge...
09/10/2026

𝙺𝙾𝚂𝙷𝚄𝙸𝚂 𝙼𝙰𝚃𝚁𝙸𝙴𝙺𝙰𝙵𝚂𝙺𝙸𝙴𝙳 ‘26

Aan ons matrieks 🤍

Vanaand vier ons nie net julle mooiwees nie, maar ook die mense wat julle geword het, die pad wat julle gestap het en die herinneringe wat julle agterlaat. Julle was eens die jong meisies wat hul eerste treë in die koshuis gegee het, en nou staan julle hier, gereed om ’n nuwe hoofstuk aan te pak.

Mag julle altyd onthou dat julle deel was van iets besonders. Die gange sal dalk stiller wees, maar die lag, liefde en herinneringe wat julle hier gelos het, sal altyd deel van hierdie koshuis se storie bly.

Een hoofstuk kom tot ’n einde, maar die mooiste avonture lê nog voor. Mag julle altyd met trots terugkyk na waar julle vandaan kom. Julle sal gemis word, maar nooit vergeet word nie.

In die week by Ons Hoop Meisieskoshuis het ons die voorreg gehad om ons pragtige matrieks weer in hul asemrowende rokke ...
09/10/2026

In die week by Ons Hoop Meisieskoshuis het ons die voorreg gehad om ons pragtige matrieks weer in hul asemrowende rokke te sien en hulle amptelik te groet. Met elke traan lê daar 'n storie... 5 jaar van saam bly, saam leef, saam groei. 5 jaar van sussies wees, lag, leer en lewenslange herinneringe bou. 🤍
Aan ons matriekdogters: Ons is ongelooflik trots op julle en op die sterk, mooi vroue wat julle geword het. Julle het elkeen 'n merk gelaat, en ons kan nie wag om te sien waarheen die Here julle volgende lei nie.
Eens 'n Ons Hoper, ALTYD 'n Ons Hoper! 🌼

Ons Hoop KR 🤝🏻 Jack Pauw KR
15/09/2026

Ons Hoop KR 🤝🏻 Jack Pauw KR

Ons Hoop Meisieskoshuis- Hoër Volkskool Potchefstroom  stel met trots die nuwe koshuisraad bekend!  Hulle gaan met energ...
07/08/2026

Ons Hoop Meisieskoshuis- Hoër Volkskool Potchefstroom stel met trots die nuwe koshuisraad bekend! Hulle gaan met energie en spanwerk die koshuis na hoër hoogtes lei.

1. Suryke Duminy
2. Lianke Ernst
3. Elizna Groenewald
4. Annemi Oosthuizen
5. Mia Uckerman
6. Marizette van den Heever
7. Lené van der Walt
8. Elri van Niekerk
9. Juanet Willemse

29/07/2026
Dogtersklub by Ons Hoop leer nie net dogters van belangrike waardes soos integriteit, lojaliteit, respek en sussieliefde...
07/05/2026

Dogtersklub by Ons Hoop leer nie net dogters van belangrike waardes soos integriteit, lojaliteit, respek en sussieliefde nie, ons leer ook die lekker dele van vrouwees. Ons het die afgelope week danslesse ontvang van Aldanté Dance Studio en die dogters het dit baie geniet. Dankie Belinda

Address

Kruis Straat
Potchefstroom
2570

Telephone

+27723912553

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Ons Hoop Meisieskoshuis- Hoër Volkskool Potchefstroom posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Shortcuts

Share

Category