Aandrus

Aandrus Breek weg na Prins Albert in die Groot Karoo. Loop kaalvoet in 'n watersloot. Kom rus by Aandrus.

Aandrus het ‘n week van opknap gehad voor ons nuwe TV advertensie.  Ons is sooo trots en kan nie wag vir die finale prod...
14/10/2023

Aandrus het ‘n week van opknap gehad voor ons nuwe TV advertensie. Ons is sooo trots en kan nie wag vir die finale produk (advertensie) nie.
(Die tuinmeubels was nog effens klam tydens die onderhoude😀)
Die blouduim foto’s is die gevolg as jy lanterns moet spuitverf en nie so erg professioneel is nie.

September Maand is die mooiste blom maand in Prins Albert.  Ons het ‘n draai gaan maak en oopmond die vygie skouspel gad...
01/10/2022

September Maand is die mooiste blom maand in Prins Albert. Ons het ‘n draai gaan maak en oopmond die vygie skouspel gade geslaan. Die geel en pers vygies was omtrent volop. Tydens ons besoek het ons 6 nuwe parkeerplekke afgebaken vir die voertuie. Lekker onder die bome.
Dis nou minder droog in die veld, maar hierdie ou gereelde besoeker het wel kom water drink. Dis die ou met die g*t in die dop (wat mooi herstel het).
‘n Dame het uitasem met hom/haar by Aandrus aangestap gekom. Sy het hom in Kerkstraat gekry en was bang die vinniger voertuie beseer hom.

Breek weg na Prins Albert in die Groot Karoo.Loop kaalvoet in 'n watersloot.Eet pannekoek by die markie.Ry met 'n fiets ...
11/01/2022

Breek weg na Prins Albert in die Groot Karoo.
Loop kaalvoet in 'n watersloot.
Eet pannekoek by die markie.
Ry met 'n fiets Hel toe.
Kom voer die Koi visse en die skilpaaie (as jy gelukkig is)
Gaan tuis by Aandrus - 'n Karoo huis op 'n kleinhoewe in die dorp. Die rustigheid is gewaarborg en jou keuse van vele eetplekke is binne stapafstand. Die lugreëling in al die kamers sorg vir 'n koel nagrus. Jy deel die huis met niemand nie en teen R300 pppnag bederf die Karoo jou. Kontak Mari du Toit op 082 536 4530 vir meer inligting.

Address

Corner Of Deurdrift And Klip Street
Prince Albert
6930

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Aandrus posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Business

Send a message to Aandrus:

Share