Die Nuwe SARIE Marais HOTEL Reddersburg N6

Die Nuwe SARIE Marais HOTEL Reddersburg N6 Hotel and Bar (overnight stay) Alhoewel ons Sondae gesluit is, is u meer as welkom om reëlings met ons te tref, indien u die hotel op n Sondag wil besoek.

Skakel ons gerus vir oornag verblyf

15/05/2026
New look! Delicious food! Kom kuier! Die vuur is aan vir die koue! Sit lank! Jys tuis by die Sarie Marais ✨
06/05/2026

New look! Delicious food! Kom kuier! Die vuur is aan vir die koue! Sit lank! Jys tuis by die Sarie Marais ✨

15 April 1866 | Sarie Maré geboreSusara Margaretha (Sarie) Maré (getroude van Toerien), gebore Woensdag 160 jaar gelede ...
15/04/2026

15 April 1866 | Sarie Maré gebore

Susara Margaretha (Sarie) Maré (getroude van Toerien), gebore Woensdag 160 jaar gelede op die plaas Eendraght, distrik Heidelberg, Transvaal, is na alle waarskynlikheid die vrou oor wie die eerste versie van die volksliedjie “Sarie Marais” se Afrikaanse woorde handel, hoewel sy dit ontken het.

Sarie was die oudste dogter van Jacob Philippus Maré en Cornelia Susanna Jacoba Erasmus. Jacob Maré, na wie Jacob Maréstraat in Pretoria genoem is, was later lid van die uitvoerende raad van Transvaal.

Sarie Maré se ouers was Voortrekkers en het in die omgewing van die Suikerbosrand gaan woon voor die dorp Heidelberg gestig is. Die grootste konsentrasie Voortrekkers het hulle in die wyk Mooirivier bevind, waar die dorp Potchefstroom aangelê is.

Suikerbosrand was in die wyk Mooirivier (een van die vyf wyke destyds in Transvaal) geleë, wat gestrek het vanaf Potchefstroom tot die huidige Wolmaransstad en Makwassie.

Sarie het Jacobus Petrus Toerien, ’n verslaggewer van Di Patriot van die Paarl, ontmoet toe sy 15 of 16 jaar oud was. Hy was destyds in Pretoria om ’n onderhoud met haar vader te voer. Hy het onder die skuilnaam Jepete in Ons Kleintji (ds. S.J. du Toit, Totius se vader, se tydskrif) geskryf in sy hoedanigheid as subredakteur (of adjunkredakteur) van Di Patriot.

Hulle is op 19 Desember 1884 getroud en het op Potchefstroom gaan woon. Van hul 16 kinders het net agt grootgeword het.
Toerien het, nadat hy Sarie ontmoet het, die liedjie “Sweet Ellie Rhee” gehoor by Amerikaners wat in Transvaal se myne gewerk het. Die liedjie het sy oorsprong in die Amerikaanse Burgeroorlog gehad en is deur Septimus Winner (1826–1902, skuilnaam Alice Hawthorne) geskryf. Daar was egter ook ’n vroeëre weergawe daarvan, in 1853 geskryf deur C.E. Steuart en James W. Porter.

In die tydperk tussen die Eerste en Tweede Vryheidsoorlog het Jepete die woorde vertaal en so sy vrou, Sarie Maré, verewig. Die liedjie het aanvanklik nie al die versies en presies dieselfde woorde gehad as vandag nie. “Maré” het weens ’n drukfout in die Paarl “Marais” geword.

Sarie was ’n diep godsdienstige vrou en selfverheerliking was geheel en al in stryd met haar nederige geaardheid. Sy het lewenslank haar verbintenis met die liedjie stilgehou.

L.B. Odendaal skryf in die Suid-Afrikaanse Biografiese Woordeboek, deel II: “Hoewel afdoende bewys (dat Toerien die woorde geskryf het) nog nie gelewer kan word nie, aangesien die woorde nooit onder sy naam of skuilname ‘Jepete’ of ‘Jepeetee’ gepubliseer is nie, dui alle getuienis uit beskikbare bronne daarop dat Sarie Marais se woorde oorspronklik dié was wat hy (vir) sy latere vrou, Susara (Sarie) Margaretha Maré, gedig het.

“Sy was gekant teen die popularisering van die liedjie wat sy as intiem-persoonlike besit beskou het, en het die woorde en die oorspronklike gediggie gevolglik ná haar dood deur een van haar dogters laat vernietig.” Verderaan skryf Odendaal: “Indien Toerien die oorspronklike skrywer van Sarie Marais is, is dit sy belangrikste bydrae tot die gesonge Afrikaanse literatuurskat.”

By A.P. Grové en P.J. Nienaber in Die Afrikaanse Letterkunde in Beeld (1973) bestaan geen twyfel oor die oorsprong van die lied nie. Hulle skryf by foto’s van Toerien en sy vrou: “J.P. Toerien (Jepete), skrywer van die woorde van Sarie Marais,” en: “Sarie Maré, die vrou van J.P. Toerien, deur wie die lied geïnspireer is.”

Teen 1899 was Jepete se liedjie reeds ’n treffer in Pretoria. In die Driejarige Oorlog het dit nie net gewild by die Boeremag geword nie; ook by ander soldate. Dit het later wêreldbekend geword omdat duisende Suid-Afrikaanse soldate dit in die Eerste en Tweede Wêreldoorlog gesing het.

Die eerste Suid-Afrikaanse seiljag se naam was Sarie Marais en duisende besoekers het al in die Durban-hawe op die Sarie Marais-plesierboot gevaar. Die vrouetydskrif Sarie heet ook na haar.
Dit is die amptelike lied van die Girl Guides in Sri Lanka (Ceylon) wat dit aan die begin van die vorige eeu by die Boerekrygsgevangenes daar gehoor het. In die 1930’s is dit verkeerdelik op die Olimpiese Spele in St. Louis as Suid-Afrika se amptelike volkslied gespeel. Ook die eerste Afrikaanse rolprent se naam is Sarie Marais.

Haar man se drukkery en boekwinkel op Middelburg, Tvl., is deur ’n brand in puin gelê sodat baie van sy oorspronklike skryfwerk verlore gegaan en hy die meeste van sy besittings verloor het.
Hy is op 3 Mei 1930 op Middelburg aan malaria oorlede, waar hy in graf 1249 in die ou begraafplaas begrawe is. Om sy nagedagtenis te huldig, het die begrafnisondernemer Avbob ’n grafsteen vir die graf geskenk wat op 16 Desember 1995 onthul is.

Ná Jacobus se dood het Sarie by haar dogters in Bloemfontein gaan woon. Sarie is op 22 Desember 1939 in die ouderdom van 73 jaar in armoede oorlede en in ’n nederige, ongemerkte graf in die Memoriam-begraafplaas naby die Nasionale Vrouemonument begrawe. Jacobus is in die ou begraafplaas op Middelburg, Tvl., begrawe.

Op 10 Oktober 1995 is ’n grafsteen opgerig vir die vrou wie se naam nog deur die wêreld gehoor word. ’n Doringboom is ook op die graf geplant om mense te herinner dat Sarie eens op ’n tyd langs so ’n boom daaronder in die mielies in die wyk van die Mooirivier gewoon het.

Die familie Maré was blykbaar lidmate van die Nederduitsch Hervormde Kerk, maar Sarie se halbroer Japie (1878–1902) was ten tyde van sy dood weens wonde wat hy in die Tweede Vryheidsoorlog opgedoen het, student aan die Teologiese Skool Burgersdorp. Hy was een van drie huidige en twee oudstudente van die Skool of Literariese Departement wat in die Driejarige Oorlog gesneuwel het.

Address

22 Van Riebeeckstreet, N6
Reddersburg
9904

Opening Hours

Monday 10:00 - 02:00
Tuesday 10:00 - 02:00
Wednesday 10:00 - 02:00
Thursday 10:00 - 02:00
Friday 10:00 - 02:00
Saturday 10:00 - 02:00

Telephone

+27723678148

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Die Nuwe SARIE Marais HOTEL Reddersburg N6 posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Business

Send a message to Die Nuwe SARIE Marais HOTEL Reddersburg N6:

Share

Category