Kom kook en kuier in die karoo

Kom kook en kuier in die karoo Kom Kook en kuier in die Karoo
met Karoo Wildsvleis! Op die plaas NIEUWEFONTEIN met Annatjie Reynol Enige snit kan sappig en sag voorberei word. Bv. R280.00 p.p.

Op die plaas NIEUWEFONTEIN met Annatjie Reynolds
Leer ken die veelsydigheid van wildsvleis. Wildsvleis was lank slegs gebruik vir die maak van biltong en droewors...

Met wenke en resepte wil ek graag aan wildsvleis sy glorie gee. Dit is belangrik om die karkas en snitte te ken en te weet watter snit jy moet kies om ‘n sekere gereg te berei. Die beste kok kan niks met swak vleis uitrig nie. Vooro

ordele ten opsigte van wildsvleis, soos dat dit taai en droog is en dit lank duur om gaar te maak, is dikwels te wyte aan ‘n gebrek aan kennis en ervaring. Karoo Wildsvleis
‘n Unieke Leefstyl ervaring. Kom kyk, kook, leer en doen saam met Annatjie in haar slaghuis en kombuis soos op hul Karooplaas. Alles wat jy prakties wil toepas uit hierdie spesialis resepteboek oor wildsvleis.
7 de druk, in Afrikaans en Engels beskikbaar. Kursus: Wilds-karkas en snit verwerkingskursus
Maksimum 4 en minimum 3 persone per kursus
Annatjie Reynolds: fb page Kom Kook en Kuier in die Karoo
Posbus 102
Nieuwefontein
Richmond
Noord Kaap,7090
[email protected]
Kursusininhoud
*Karkas- en snit bespreking| : Voor – en agterkwartsnitte
*Rypmaking,bevriesing en marinades
*Geregte en gaarmaakmetodes van toepassing op elke snit
Kursusgangers werk elk op sy eie karkas: verwyder snitte van karkas
*Vul en rol van ontbeende snitte
*Lardering en bardering van wildsvleis. stop van nek, blad of boud.
*Bereiding van verskeie geregte bv.
-Afkookvleis vir pasteie en fynvleis: patee, sop, terrien
-Maalvleis vir samoosas
- blokkies/ repies vir stroganoff , roerbraai
-skywe vir blindevinke, schnitzel
- snitte vir braai geregte of potjieskos of bredies
-heel snitte: klam –en droee hitte gaarmaakmetodes. Pekel: Nat en droogpekel
Beroking, warm en koud
Wors: Eetwors, droeewors, salami’s en russians
Kursus strek oor 2 dae. Bring ‘n koelhouer. Die vleissnitte en bewerkte vleis van jou bokkarkas, gaan saam terug huistoe. Self catering verblyf . Bring eie drank en snacks. Ons berei soveel kos, bring asseblief nie veel saam . Skoonmaakdiensste verskaf. Verwerkte vleissnitte vir elke kursusganger. (Bring koelhouers saam)
Kursuskoste: R4800.00 veblyf ingesluit p.p. Verblyf in gemeubileerde en toegeruste plaashuis met kaggel, Aga -en gasstowe, enjinkrag in die aand, warm water. Nie televisie en elektrisiteit deur die dag.
***Alternatiewe verblyf in B&B 12 km vanaf venue, teen ekstra koste, beskikbaar. Nie so basies soos die gemeubileerde plaashuis. OF in Karoohuis, op Richmond, Noord Kaap. 50 km vanaf Richmond. R200.00 p.p p dag ekstra, behalwe kursuskoste,ontbyt ingesluit. Kursusinhoud kan aangepas volgens behoefte en met vooraf korrespondensie indien nodig. Vir ‘n eenvoudiger dag lange kookdemonstrasie: DIE VEELSYDIGHEID VAN WILDSVLEIS, OF Preserveringskursus
by die VETMUIS PLAASKOMBUIS , Richmond Noord Kaap,
vir groepe van 8 ,
kontak [email protected]. R600.00 per persoon, middag ete ingesluit. Verblyfkoste by gastehuis in Richmond addisioneel.

Address

Niewefontein Plaas
Richmond
7090

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Kom kook en kuier in die karoo posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Share