Route 62 Bed En Ontbyt is in Roberston en bied gehalteverblyf aan toeriste, sakereisigers en oornaggaste. Die gastehuis is 'n ou, Victoriaanse huis wat omskep is en die personeel is toegewyd en mik vir gehaltediens teen 'n bekostigbare tarief. Verblyf is beskikbaar in 14 en suite-kamers wat slaapplek aan altesaam 29 gaste bied. Geriewe sluit DStv, komplimentêre WiFi en kaartgeriewe in. Boonste ver
dieping kamers het lugverkoeling en onderste verdieping kamers is heel gemaklik weens ligging. Parkeerplek is beskikbaar op die perseel.
'n Engelse ontbyt is beskikbaar teen ekstra koste indien dit vooraf gereël word. Route 62 B&B is sentraal en is naby goeie restaurante, die mall, koffiewinkels en 'n paar wynlandgoedere. Die 18 putjie-gholfbaan, Silversands, is met 3 km ver en die hoofweg is 500 m van die gastehuis af. Die hele huis het antieke imbuia-meubels. Die eetarea is in die hoofhuis en bied toegang tot 'n privaat tuin. Daar is 5 sitareas met rusbanke, 'n TV, tee- en koffiemaakgeriewe en 'n gemeenskaplike yskas en mikrogolf. Route 62 Bed En Ontbyt is al sedert 2005 'n lid van die Robertson Toerismekantoor en is ook al vir meer as 10 jaar by die AA geregisteer.
~~~~~
Located in Roberston, Route 62 Bed And Breakfast offers quality accommodation to tourists, business travellers and overnight guests. The guesthouse is an old, Victorian house that has been converted and the staff are dedicated and aim for quality service at an affordable rate. Accommodation is available in 14 en-suite rooms that can accommodate a total of 29 guests. There are 8 double bedrooms, 5 twin bedrooms and 1 single bedroom. Amenities include DStv, complimentary WiFi and card amenities. Upper floor rooms have air conditioning and lower floor rooms are very comfortable due to location. Parking is available on site. English breakfast is available at extra cost if arranged in advance. Route 62 B&B is central and is close to good restaurants, the mall, coffee shops and some wine estates. The 18-hole golf course, Silversands, is 3 km away and the main road is 500 m from the guest house. The whole house has antique imbuia furniture. The dining area is in the main house and offers access to a private garden. There are 5 lounge areas with couches, a TV, tea- and coffee-making facilities and a communal fridge and microwave. Route 62 Bed And Breakfast has been a member of the Robertson Tourism Office since 2005 and has also been registered with the AA for more than 10 years.