13/11/2022
'n Seuntjie het in 'n weeshuis gewoon en hoewel hy nie van beter geweet het nie het sy maats by die skool altyd gepraat van hulle ouers en wat hulle die naweek alles gedoen het en hoeveel roomys en pizza hulle gekry het. Dan het hy net stil eenkant gesit en luister want dit was hom nie beskore nie.
Net na sy 9de Verjaarsdag het daar eendag 'n paartjie na die weeshuis gekom en hy is aan hulle voorhultel. Hulle wou hom aanneem en het met hom sit en gesels en na hulle vertrek het die huismoeder vir hom gesê het hy is baie gelukkig want hulle is baie welgestelde mense.
So 'n maand na hulle eerste ontmoeting is al die formaliteite afgehandel en het hulle met die blink vaartbelynde motor gekom om hom op te laai. Skaam skaam en baie senuweeagtig het hy agter ingeklim en sy aanneem pa het sommer sy totale aardse besittings in die bagasieruim van die motor gegooi. Twee kruideniers sakkies vol gehawende klere en sy enigste speelding 'n verweerde ou beertjie.
Die seuntjie het verwonderd om hom rond gekyk terwyl hulle huis toe ry. Toe die pa indraai by die pad wat tussen welige bome deurklronkel het hy gedink hulle is in park die uitgestrekte tuine en lower groen gras en struike en beddings het amper sy asem weggeslaan totdat hulle voor 'n huis stil hou...
Eers het dit vir hom gelyk soos n hotel maar toe die nuwe ouers uitklim en die deur vir hom oopmaak was hy bang hy gaan wakker word van hierdie droom.
Binne die huis was hy na sy eie kamer geneem iets wat hy nog altyd van gehoor het maar nooit self gehad het nie...Sy ou klere was in n asblik gegooi en hy was toegegooi met net die beste en duurste klere...Hy het baie nuwe pare skoene gekry en ook die wonderlikste nuwe speelgoed.
Hy het nuwe maats gemaak en gou het hy aangepas by die rykmans lewe....Dit was vir hom lekker om nooit honger te gaan slaap nie en lekker om altyd nuwe goed te he...MAAR daar was iets wat vir hom baie snaaks was....Sy ou paar stukkende skoene wat so hier en daar met draad reggemaak was het op sy nuwe pa se kaggel in sy studeerkamer gestaan...Dit was nooit weggegooi saam met die ander goed nie.
Soos dit met seuntjies van daardie ouderdom gaan het hy en sy nuwe maats kattekwaad aangevang en hulle was betrap en hy was deur een van die seuntjies van die buurt se pa na sy nuwe pa geneem. Sy nuwe pa het hom na die studeerkamer geneem en toe weet hy waarom die ou skoene daar geplaas was. Sy nuwe pa het die skoene afgehaal en vir hom gesê ons is geleurgesteld dat julle kwajongstreke aangevang het. Kyk hoe lyk jy alles net die beste klere en skoene, net die beste kos en 'n pragtige huis en jy het ons teleurgestel...Kyk na hierdie skoene en dan onthou jy waar jy vandaan kom. Die flenters wat jy gedra het, hierdie skoene met die gate en die draad, die honger ly en met die vol onthou het hy geluister. Trane het oor die wange geloop....
En ongelukkig doen ons presies dieselfde in ons verhoudings met ons familie en geliefdes. Ons gaan krap die ou skoene uit wat hulle voorheen gedra het en ons herinner hulle voortdurend and die verlede!!
Toe daardie seuntjie die ou skoene sien toe onthou hy weer die slegte tye wat hy deurgemaak het. Goed wat hy al besig was om te vergeet het hom vol in die gesig gestaan.
As jy iemand vergewe moet asseblief nie die ou skoene bêre sodat jy hulle kan herinner hoe 'n goeie mens jy was om hulle te vergewe van die verlede nie. Gooi al die ou herinneringe weg en dit sluit die ou skoene ook in maar soms bêre ons daardie ou skoene sodat ons iets tasbaars het om hulle mee te straf en as jy die ou skoene uithaal dan onthou hulle alles wat die Here en jy hulle voor vergewe het. Al die seer en sleg kom weer terug.
Die enigste verskil is dat die Here vergewe en Hy werp dit in die diepste see en ons vergewe ook maar ons bere die ou skoene.