19/01/2023
Hallo Almal, ons het besluit omdat dit 'n nuwe jaar is en ons so moeg is na die Kersseisoen, gaan ons gou 'n biqi rus by Monateng wildsplaas, naby Pretoria.
Ons het 'n baie spesiale prys vir die week, ons gaan net 'n biqi rus en kuier en rondloop, speletjies speel en eet, wie wil saamgaan? Dis verblyf, en etes en vervoer vir 4 nagte vanaf die 20ste tot 24 Februarie, teen die baie spesiale prys van R3950, per persoon.
Kom saam julle gaan dit baie geniet! Laat my asb vandag weet as julle wil gaan, plek is beperk! Mooi dag, vriendelike groete Marietjie 🥰