24/08/2026
๐ช๐๐ง๐๐ฅ๐๐๐ข๐ข๐: ๐๐ถ๐ฒ ๐๐๐ถ๐น ๐ฏ๐ฒ๐ด๐ถ๐ป ๐๐ฎ๐ป โ๐ป ๐ฆ๐๐ฎ๐ฎ๐๐๐ฝ๐ฟ๐ฒ๐๐ถ๐ฑ๐ฒ๐ป๐
Hierdie besondere foto uit 1914 toon die oorspronklike plaasopstal (gebou aan die regtekant) van Waterkloof, suidwes van Rustenburg โ die eerste plaas van Stephanus Johannes Paulus Kruger.
As sestienjarige burger het Kruger in 1841/1842 die reg gekry om twee plase uit te soek, soos die gebruik destyds was: Een vir woning en landbou, en een vir weiding.
Waterkloof No. 4, aan die voet van die Magaliesberge, het sy keuse vir 'n woning geword. Sy weidingsplaas was Saulspoort, verder noord by die Pilanesberg.
Op Waterkloof het hy vir meer as dertig jaar feitlik ononderbroke gewoon โ van ongeveer 1842 tot 1873.
In 1842 is hy hier getroud met Maria du Plessis. Die jong egpaar het die plaas saam ontwikkel. Nรก โn kort verblyf in die Ohrigstad-omgewing in 1845 het hulle teruggekeer. In 1846 is Maria en hulle baba aan malaria oorlede. Na bewering is sy en en die baba op die plaas begrawe, maar bronne verskil oor diรฉ feite.
Die volgende jaar, 1847, is Kruger getroud met Gezina Susanna Frederika Wilhelmina du Plessis, โn niggie van sy eerste vrou.
Op Waterkloof het hulle saam โn gesin grootgemaak. Uit hierdie huwelik, wat 54 jaar geduur het, is sestien kinders gebore.
Gezina het haar man hier ondersteun terwyl hy as veldkornet (titel van 'n amptenaar wat as 'n volksverteenwoordiger optree, o.a. om vrede en veiligheid te verseker, wette bekend te maak, die landdros by te staan en mense vir militรชre diens op te roep), kommandant en later kommandant-generaal gedien het.
Die opstal op die foto sien, was nog in 1914 in Kruger-familiebelsit. Die oorspronklike plaasopstal staan vandag nog!
Dele daarvan is bewaar en gerestoureer op die gedeelte van Waterkloof waar die ๐๐ณ๐ฆ๐ด๐ช๐ฅ๐ฆ๐ฏ๐ต ๐๐ข๐ถ๐ญ ๐๐ณ๐ถ๐จ๐ฆ๐ณ ๐๐ถ๐ฆ๐ด๐ต ๐๐ฐ๐ฅ๐จ๐ฆ tans bedryf word.
Die oorspronklike kombuis van die opstal is vandag nog deel van die gebou. Dit is later omskep in โn klein vergaderkamer, maar die ou baksteenkaggel staan steeds en is in werkende toestand. Hierdie ruimte, wat eens die hart van die huishouding was waar Gezina en die gesin se daaglikse maaltye berei is, bly dus โn tasbare skakel met die lewe op Waterkloof in die negentiende eeu.
Paul Kruger se agterkleindogter, Gezina Eloff, is in 1907 in hierdie selfde gebou gebore.
Waterkloof was nie net โn plaas nie โ dit was die beginpunt van โn lewe wat die geskiedenis van die Zuid-Afrikaansche Republiek sou vorm.
-------------
As jy vandag by hierdie opstal kon staan, wat sou jy die eerste wou weet of sien?