15/02/2026
As die Kaktus blom..
Ek het die gieter in my hand
Sy staan in my tuin in die hart van Namakwaland
Toe ek naby haar kom begin sy fluister
Ek buk laag oor haar om te luister..
"Die hitte is fel en die son brand soos die hel,
en die water is koel, maar net nie nie te veel..
Ek begin weer blom en die wind is woes..
Die oorbodige water veroorsaak roes"
Ek vergaap my aan haar en haar wysheid, haar mooigeid, haar jarelange kennis van haar blomtyd,
Geboorte reg, geboorte gee en hoe sy haar sierlikheid in Namakwaland nooit sal verpand.
Sy staan op die Namakwalandse vlaktes, maar in my Namakwalandse hart bloei' n Katus..
Sy verdien 'n troon...
want sy dra die mooiste geel kroon..
My hartsland,
vir altyd lief ek jou.. my "rooigrond" Namakwaland.
Die Here het my hier geplant,
Net soos die Kaktus, sal ek jou ook nooit verpand.
Mag die Here Sy groenhand,
in elke seisoen altyd oor jou streel,
Lieflike flora oor jou grond sambreel..
Mooiste mooi Namakwaland.
Ons heet u welkom in Namakwaland. Waar u ook heen mag reis of tuis gaan in Namakwaland, dankie vir u besoek aan ons hartsland. Wees veilig en geniet die Namakwalandse gasvryheid.