10/01/2022
๐ฃ๐น๐ฎ๐๐ฑ๐ฎ๐ธ ๐ฆ๐ฒ๐น๐ณ๐๐ผ๐ฟ๐ด๐ฒ๐ฒ๐ป๐ต๐ฒ๐ถ๐ฑ is 'n gerieflike woonstel in Stilbaai. Dit het slaapplek vir 6 gaste.
Trappe van buite bied toegang tot die woonstel op die eerste verdieping.
Diรฉ woonstel het 2 slaapkamers en deel 2 badkamers. Die eerste badkamer het net 'n stort en die ander een is 'n volledige badkamer. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed, en die tweede kamer het 'n dubbelbed. Daar is ook 2 enkelbeddens in die leefarea. Linne word voorsien, maar gaste moet asb. hul eie handdoeke saambring.
Die leefarea in die oopplan-woonstel het 'n kombuis wat toegerus is met 'n mikrogolfoond, yskas, stoof, skottelgoedwasmasjien, asook tee-en koffiemaakgeriewe. Ander geriewe sluit gratis WiFi, DStv, 'n binne braai-area, en pool-tafel in.
Die woonstel lei na 'n balkon met 'n braai-area, en het 'n uitsig oor see. Daar is parkeerplek buite.
Stilbaai spog met 'n Blouvlagstrand en 'n pragtige lagoon. Daar is talle doendinge soos stap, voรซlkyk, watersport, visvang en rotspoele. Besienswaardighede in die omgewing sluit die Inverroche-distilleerdery, Kasselshoop kaas, Skulpiesbaai, Viswywers en paling-voer by die Stilbaai-toerismeburo in.
๐ง๐ฎ๐ฟ๐ถ๐ฒ๐๐ฒ ๐ฎ๐ฌ๐ฎ๐ฎ:
1 Persoon R315
2 Persone R585
3 Persone R810
4 Persone R1035
5 Persone R1215
6 Persone R1395
๐๐ฒ๐๐ฒ๐บ๐ฏ๐ฒ๐ฟ ๐ฎ๐ฌ๐ฎ๐ฎ - ๐๐ฎ๐ป๐๐ฎ๐ฟ๐ถ๐ฒ ๐ฎ๐ฌ๐ฎ๐ฏ:
R2200 pn, vir die hele eenheid, (minimum 7 nagte).
๐ญ๐ฑ ๐๐ฒ๐๐ฒ๐บ๐ฏ๐ฒ๐ฟ ๐ฎ๐ฌ๐ฎ๐ฎ - ๐ฎ๐ด ๐๐ฒ๐๐ฒ๐บ๐ฏ๐ฒ๐ฟ ๐ฎ๐ฌ๐ฎ๐ฎ
โ๐๐ค๐ก ๐๐๐จ๐ฅ๐ง๐๐๐ โ
๐๐ฎ๐ป๐๐ฒ๐น๐น๐ฎ๐๐ถ๐ฒ๐ฏ๐ฒ๐น๐ฒ๐ถ๐ฑ:
โข Meer as 1 maand voor die inkloktyd: 50%van die deposito word terugbetaal.
โข Meer as 2 weke voor die inkloktyd: 25%van die deposito word terugbetaal.
โข Minder as 2 weke voor die inkloktyd: 0% van die deposito word terugbetaal.
๐ข๐ป๐ ๐๐ผ๐๐ถ๐ฑ-๐ญ๐ต ๐๐ฎ๐ฎ๐ฟ๐ฏ๐ผ๐ฟ๐ด: ๐๐ฏ๐ด ๐ธ๐ข๐ข๐ณ๐ฃ๐ฐ๐ณ๐จ โ๐ฏ ๐ท๐ฐ๐ญ๐ญ๐ฆ ๐ต๐ฆ๐ณ๐ถ๐จ๐ฃ๐ฆ๐ต๐ข๐ญ๐ช๐ฏ๐จ ๐ท๐ช๐ณ ๐ฆ๐ฏ๐ช๐จ๐ฆ ๐ฌ๐ข๐ฏ๐ด๐ฆ๐ญ๐ญ๐ข๐ด๐ช๐ฆ๐ด ๐ธ๐ฆ๐ฆ๐ฏ๐ด ๐ฏ๐ข๐ด๐ช๐ฐ๐ฏ๐ข๐ญ๐ฆ ๐ฃ๐ฆ๐ฑ๐ฆ๐ณ๐ฌ๐ช๐ฏ๐จ๐ด ๐ฐ๐ฑ ๐ณ๐ฆ๐ช๐ด ๐ธ๐ข๐ต ๐ซ๐ฐ๐ถ ๐ฅ๐ข๐ข๐ณ๐ท๐ข๐ฏ ๐ธ๐ฆ๐ฆ๐ณ๐ฉ๐ฐ๐ถ ๐ฐ๐ฎ ๐ซ๐ฐ๐ถ ๐ฃ๐ฆ๐ด๐ฑ๐ณ๐ฆ๐ฌ๐ช๐ฏ๐จ ๐ต๐ฆ ๐จ๐ฆ๐ฃ๐ณ๐ถ๐ช๐ฌ.