Crodinie Kampplek

Crodinie Kampplek a off-the-grid campsite on the edge of the Breede River, 20km outside Swellendam

Crodinie Kampplek, SwellendamHier is 'n paar voor die vloed en na die vloed fotos, ons het probeer om hulle vanaf diesel...
22/05/2026

Crodinie Kampplek, Swellendam
Hier is 'n paar voor die vloed en na die vloed fotos, ons het probeer om hulle vanaf dieselfde plek af te neem.
Daar is darem hier en daar 'n staanplek met minimale skade.
Baie dankie vir al die navrae. Ons sal die kamp in seksies oopmaak. 1ste vir die "Wild campers" wat so vroeg as volgende week kan wees. Dit sal gevolg word deur die gedeelte regs van die pad en laastens die hoofkamp. Laastens gaan egter 'n tydjie neem, daar is baie plekke wat opgevul moet word en bome / opdrifsels om te verwyder.

Crodinie Kampplek 20km buite SwellendamDie water sak amper net so vinning soos dit opgestoot het. Hier is 'n paar fotos ...
15/05/2026

Crodinie Kampplek 20km buite Swellendam
Die water sak amper net so vinning soos dit opgestoot het. Hier is 'n paar fotos geneem Donderdag 14 Mei 2026, 16:00.
Meeste van die groot bome is weg. Alles is bedek onder 0.5m tot 1m sand. Dit lyk of al die infrastruktuur darem nog daar is. Ons kan egter nog nie die tent staanplekke sien nie, so ons weet nog nie wat daar aangaan nie.
Gelukkig het ons alles wat verwyderbaar was betyds ontruim.
Ons hou julle op hoogte soos die water sak

15/05/2026

Breederivier vloed: Crodinie kampplek - Woensdag 13 Mei 2026, 15:00

Laasnaweek is daar is lekker gekuier, gespeel, visgevang en sommer net ontspan. Onthou om vroegtydig te bespreek vir die...
09/04/2026

Laasnaweek is daar is lekker gekuier, gespeel, visgevang en sommer net ontspan.

Onthou om vroegtydig te bespreek vir die 2 langnaweke wat voorlê. Maandag die 27ste April is Vryheidsdag en Vrydag die 1ste Mei, Werkersdag.
Whatsapp 066 243 4000 om te bespreek

Die water is hier!!!Vanoggend omtrent 9:15 kry ons die boodskap dat die water ons bereik het, almal spring in die bakkie...
11/02/2026

Die water is hier!!!
Vanoggend omtrent 9:15 kry ons die boodskap dat die water ons bereik het, almal spring in die bakkies af rivier toe. Ons wat ongelukkig te laat om die voorloop af te neem, maar die fotos is tussen 9:30 en 10:30 geneem. Binne 1 en 'n half uur was ons van dol leeg tot op die normale somer vlak en die water lig nog.
Ons dankbaarheid ken geen einde nie.

11/02/2026
Mense die rivier is leeg!Iets wat ons nie gedink het is moontlik nie, het gebeur. Die Breerivier is droog. Daar is nog h...
29/01/2026

Mense die rivier is leeg!

Iets wat ons nie gedink het is moontlik nie, het gebeur. Die Breerivier is droog. Daar is nog hier en daar 'n poel of dam water, maar van swem en visvang is daar geen sprake nie.
Ons pompe is besig om droog te loop, wat beteken ons krane gaan droogloop.
Op die huidige stadium vat ons dit van dag tot dag, dus indien jy sou wou kamp, stuur 'n whatsapp of bel 066 243 4000 om te verseker dat ons jou sal kan help. Ons neem steeds bespreekings vir Maart en April, ons vertrou dat teen daardie tyd sal ons water hê.

Address

Crodinie Kampplek
Swellendam
6740

Telephone

+27662434000

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Crodinie Kampplek posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Business

Send a message to Crodinie Kampplek:

Shortcuts

Share

Category