15/08/2026
🏕️ CRODINIE KAMPPLEK, SWELLENDAM IS OOP! 🌿
Uiteindelik is ons reg vir kampeerders! ❤️
Mei se vloed het ons kampterrein baie hard getref. Orals is daar nog tekens van die vloed, en dit gaan tyd neem om alles weer mooi te herstel. Ons het eintlik ’n nuwe kamp – baie min van die ou kamp het oorgebly.
Ons wil graag eerlik wees oor wat jy kan verwag wanneer jy nou by ons kom kamp:
🌱 Die gras is besig om terug te kom, maar vir eers word daar nog hoofsaaklik op sand gekamp.
🌳 Daar is tans geen tot min koelte. Die bome wat die vloed oorleef het, moet nog herstel en ons het reeds heelwat nuwe bome geplant. Hulle kort net tyd om groot te word.
🚿 Die badkamers word nog herstel. Die mure is steeds nat van die vloed, wat veroorsaak dat die verf in lae afkom. Sodra die mure behoorlik droog is, sal dit weer geverf word.
Maar nou vir die GOEIE NUUS!
🌿 Dis steeds ’n plek waar jy kan ontspan en wegkom van die gejaag
🎣 Baie vis vir dié wat graag ’n lyntjie natmaak
🛶 Kano ry vir ’n bietjie avontuur
🏊 Swem en afkoel
🐦 Word wakker met voëlgesang en geniet die rustigheid van die natuur
Ons kamp is dalk nie op die oomblik perfek nie, maar ons is besig om dit weer op te bou – en ons nooi jou graag uit om deel te wees van die nuwe begin van Crodinie Kampplek.
Kom kamp, ontspan, vang ’n vis, roei ’n kano en geniet die natuur. 🏕️🌿
📞 Vir besprekings en navrae: 066 243 4000