12/07/2026
Blom seisoen 2026
Die waarheid van die blomseisoen in Namakwaland
Wat nie een van hierdie ondernemings, wat toerisme rondom die blomseisoen bemark, aan hul niksvermoedende kliënte vertel nie, is dat 'n vroeër blomseisoen dikwels die gevolg is van die wanhopige werklikheid dat daar tot dusver nie voldoende reën geval het nie.
Vanjaar is 'n klassieke voorbeeld hiervan. Die winter het met goeie reën begin, maar daarna het daar feitlik geen verdere neerslag voorgekom nie. Die natuur se reaksie hierop is dat plante hul blomme so vroeg as moontlik dra, sodat die voortplantingsproses steeds kan plaasvind ten spyte van die droë jaar.
Dis droog in Namakwaland en die seisoen mag van kort te duur wees. Nie een van ons kan werklik die toekoms voorspel nie maar as mens sou luister na die wetenskaplike kundiges in weervoorspelling, is die voorspelling dat die reënval vanweë globale weerpatrone, meer ontwykend as ander jare mag wees.
Ondernemings wat hul brood en botter uit toerisme verdien sal nie hierdie met hul kliënte deel nie. Mens kan hulle tot n mate nie daar oor verkwalik nie maar vertel dit nou vir daardie een afgetrede egpaar wat hul lewe lank gewag het en n groot hap uit hul pensioen kontantvloei neem om dan net die droë veld te kom sien.
Bemarkers behoort nie ontkennend teenoor die werklikheid te wees nie.
Baie sal sê hulle besoek die mense van Namakwaland en die blomme is net 'n bysaak. Fair enough, maar hoekom dan wag tot die blomme seisoen? Namakwaland is die heel jaar daarso.
Bottomline:
Die situasie is nie na wense nie, dit het min gereën en die mense wat leef uit die grond is uiters bekommerd oor die toekoms. Teen hierdie harde werklikheid kan geen mens onsensitief in ontkenning staan nie, selfs verdien jy jou geld uit toerisme.
Praat die waarheid, dit is die regte ding om te doen.