09/06/2026
Ons stel met trots ons seremoniemeester vir hierdie Saterdag se In the Vines: A Cohen & Diamond Journey bekend.
Mercia Kearney sal die verrigtinge lei met haar sprankelende persoonlikheid en haar liefde vir kuns en musiek. Sy is tans bemarker by Hoërskool Upington, 'n trotse moeder van drie, en 'n bekende gesig in ons gemeenskap.
Ons sien uit daarna om Mercia se warmte, energie en passie deel van hierdie besondere aand te maak saam met Mathys Roets en Johan Liebenberg.
Ons kan nie wag om julle daar te verwelkom nie!
Mercia Perpetcua Kearney