Namakwaland Verblyf

Namakwaland Verblyf Bied oornag verblyf. Ek reël ook jou Namakwaland en Weskus Toere vir jou! verskaf oornag akkomodasie

24/03/2026

Het jy al jou verblyf bespreek vir n Blomme-
avontuur van n leeftyd?
Praat vroegtydig met my!
084 580 2191

18/04/2025

Die Blommestreek het alreeds mooi reën gekry, wat na alle waarskynlikheid die tafel gaan dek vir n mooi Blommeseisoen. Ek beplan jou Blommetoer, hanteer verblyfreëlings + verskaf allerhande inligting. Magdaleen Boshoff 084 580 2191.

02/08/2024

Dit is amptelik : blommetjies is uit + besig om net mooier te word! Ek beplan jou toer + tref alle reëlings. Jy stel net jou GPS in en kom! 084 580 2191/[email protected]

08/07/2024

Vanrhynsdorp het tussen 30 + 40mm reën gehad dié naweek, Brand se Baai ook ong 30mm ➕ nog baie op pad! Kom jy blomme kyk? Kontak my vir jou toerplan + verblyfreëlings : 084 580 2191

F***y se 1935-Tuishuis Kotzesrus, Namakwaland, Noord-KaapDaar waar jy ampertjies by Groenriviersmond is (ook waar Namakw...
19/06/2024

F***y se 1935-Tuishuis Kotzesrus, Namakwaland, Noord-Kaap

Daar waar jy ampertjies by Groenriviersmond is (ook waar Namakwa Nasionale Park begin,) net so oor die 5km weg, nestel Kotzesrus tussen die Namakwaland Klipkoppies. En hier in dié amper-dorpie, amper-plaas gemeenskap is F***y en Hennie se 1935-Tuishuis. Hier eet jy vir jou van die môre tot die aand trommeldik aan F***y se BOEREKOS, soos een van hulle vorige jaar se gaste tereg sê : "F***y, jy is n uithalerkok!" Vanaand, as die weer dit toelaat, word daar gekuier op die wye stoep, en raak daar koffie gedrink en lekker stoepstories vertel, doer uit 1935 se tyd, en heelwat later, ná n dag van tussen-die-blomme-wees, slaap jy soos n baba net kan droom om te slaap, verkwik en doodtevrede, kinderlik opgewonde om môre solanklewe se blomme-avontuur voort te sit, n volgende koers in.

Om al hierdie eg-Namakwalandse gasvryheid te kom ervaar, tree in verbinding met
F***y van Heerden by
+27 82 372 5449,
OF Magdaleen by
+27 845802191.
Jy sal moet wikkel, want sodra die stories loop dat ou Namakwaland papsopnat is en die groenigheidjies begin kop uitsteek, word die tafel gedek vir n mooi Blomseisoen, en die verblyfplekke se lyne warm gebel, soos almal blyplek soek!

Só sê van F***y en Hennie se baie tevrede gaste van vorige Blomjare :

Hester Bosch en familie Blommetyd 2021 :
"Sooooo lekker gekuier in die plaashuis...was so bederf deur ons gasheer en gasvrou...sout van die aarde mense......pêrels in Namakwaland....n moet gaan kuier...stil....kan sterrehemel aanskou saans....mense, doen julself die guns en gaan kuier daar....
Dra asb ons mooi wense oor aan hulle....ons koester ons kuier by hul in ons harte. ###"

Lorna + Christo Ferreira resensie 27 Aug 2023 :
"Baie dankie F***y vir al jou moeite. Ons het heerlik gekuier en geëet. Jy is 'n uithalerkok!! Kotzesrus is definitief een van die hoogtepunte van ons blommekyktoer. Dankie ook vir al die raad en aanbevelings oor hoe om te ry. Ons was Groenrivier Lighuis toe vandag en het die allermooiste blomme gesien. Groete, Lorna."

13/06/2024

Met 10jr in die Toerisme bedryf, bied ek jou die geleentheid om n Blomme-avontuur soos nooit te kom ervaar. Kontak my : [email protected]
084 580 2191

Address

Vanrhynsdorp

Telephone

+27845802191

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Namakwaland Verblyf posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Business

Send a message to Namakwaland Verblyf:

Share