Huis BJ Lambrechts

Huis BJ Lambrechts Ons wil net graag die blad oopmaak, en ons gemeenskap meer vertel, wys hoe ons graag 'n verskil wil maak by ons Koshuis by Hoërskool Vanrhynsdorp.

Dan die Mei groepie, baie geluk aan julle ook.  Ek hoop dit dag was baie besonders gewees.  Anonicia Cloete, Ferrin Rich...
04/06/2020

Dan die Mei groepie, baie geluk aan julle ook. Ek hoop dit dag was baie besonders gewees. Anonicia Cloete, Ferrin Richards, Rosalene Tieties, en Bruzaan McGee.

April verjaarsdae:Miche AdamsKayleigh HenryZusiphe MacilikishiAshton BaadjiesRo-Mark MeintjiesEk hoop julle het ook lekk...
04/06/2020

April verjaarsdae:
Miche Adams
Kayleigh Henry
Zusiphe Macilikishi
Ashton Baadjies
Ro-Mark Meintjies
Ek hoop julle het ook lekker verjaar, en dat die ouers julle ondeindig baie bederf het.
Veels geluk namens my en Mnr Viljoen.

Ons wil graag aan die volgende Koshuis Leerders geluk sê, al was hul verjaarsdae in Maart gewees het dinge so vinnig ver...
04/06/2020

Ons wil graag aan die volgende Koshuis Leerders geluk sê, al was hul verjaarsdae in Maart gewees het dinge so vinnig verander in Maart, maar hulle is en was nie vergeet nie.
Darryl Boois
Marchall van Wyk
Veroushca Beukes
Mckaylin Klaasen
Ek hoop julle was lekker bederf gewees, ons sal wel nog in die Koshuis weer bederf.

21/05/2020

Ek sien uit daarna om al ons leerders terug te verwelkom. Ons mis julle baie.

21/05/2020

Goeie middag, ek glo en vertrou dat al ons Koshuis leerders, asook, ouers en familie steeds almal veilig tuis is. Soos ons almal reeds weet bevind ons ons tans in 'n uitsonderlike moeilike tyd, alles is onseker, die toekoms lyk onseker vir 'n groot gedeelte van ons, maar ons kan die Pandemie aanpak met alle ywer, en ons moet onsself skaar teen die negatiewe gedagtes en impak wat dit mag hê op ons lewens. Kom ons almal staan saam, bid vir ons skole, onderwysers, ons SBL en veral Mnr Brink om vir ons deur die tydperk te lei, daar is 'n groot taak op sy skouers gelaai, en hy het nog nie een dag terug gestaan en gesê hy sien nie daarvoor kans nie. So kom ons as Koshuis leerders, en ouers, pleegouers en of voogde kom ons as kleine groepie mense dra hom op aan ons Hemelse Vader en staan saam met hom om die Pandemie te beveg en om onsself reg te maak vir die res van die 2020 skooljaar. Die jaar is nie verby nie ons kan net die beste daarvan maak as ons vrede daarmee gaan maak, want dit gaan 'n deel van ons lewens wees vir die volgende jaar plus.

Mnr Brink, en ander personeel asook die SBL is hard aan te werk om alles reg te kry vir die onderwysers wat reeds terug gaan skool toe Maandag die 25ste Mei 2020. Ek wil byvoorbaat reeds net dankie sê aan almal want hulle sit alles in om dit vir ons veilig gaan wees om terug te keer.

Dus wil ek vra dat elke leerder, asook ouer / voogde wat kinders in die Koshuis het om met ons kontak te maak per whatsapp indien daar enige vrae is. U kan selfs u vrae hier plaas indien u enige bekommernisse mag hê. Ons begin soos u reeds weet eers net met Gr 12 en Gra 7 leerders op 1 Junie 2020 en is besig om die Koshuis ook daarvoor voor te berei.

Ek sal met die tyd informasie hier plaas rakende die Koshuis wat u as ouers en leerders gaan raak. So nooi asb almal uit wat wel in die Koshuis woon sodat ons 'n platvorm het waar ons met mekaar kan kommunikeer oor die toekoms vorentoe. Ek sal graag 'n whatsapp groepie wil stig waar alle ouers op gaan wees sodat ons alles met u kan deel soos dinge vorder rakende al die moets en moenies. So as u weet van ouers wat deel moet wees van die groepie laat hulle met ons in kontak kom en ons gesels dan vanaf daar.

Julle is welkom om my te kontak by 0836633564, maar asb, gee die leerder se naam deur anders gaan ek nie altyd weet met wie ek praat nie, daar is baie leerders en ons wil nie graag iemand mis nie.

Ek wil graag versoek dat ons niks negatiefs moet plaas op die blad nie, dit is oop vir kinders en ons wil hulle nie onnodiglik ontstel nie, hulle het n groot taak wat vir hulle voorlê vir die res van die 2020 skool jaar en laat ons eerder daarop fokus.

Hier is my nr weer: Judith Viljoen, 0863366564 en onthou om asb vir ons die leerder naam en van deur te gee sodat ons julle op ons whatsapp groepie kan plaas.

Koshuis leerders, gee dit deur aan elke Koshuis leerder dat hulle ons FB blad kan besoek en net hallo sê.

Heerlike Kersete vir 2019, lekker geniet en baie pret gehad saam met die kinders.  Ons gaan julle mis as die vakansie be...
21/11/2019

Heerlike Kersete vir 2019, lekker geniet en baie pret gehad saam met die kinders. Ons gaan julle mis as die vakansie begin. Lekker vakansie hou en sien julle almal volgende jaar.
😘

16/09/2018

Dan wil die groot mooi maak. Ons het nog redelik planne om ons plekkie reg te ruk en maak maar het die publiek se hulp nodig, maak nie saak hoe groot of hoe klein nie, finansieel het ons alles ingestort in die gordyne maar ons wil dit 'n treetjie verder vat. Ons wil graag nog die volgende moontlik maak:

Plat skerm TV opsit vir die kinders, huidiglik het ons 'n TV vir hulle maar 56 kinders om die TV is nogal moeilik, almal kan nie lekker sien nie. Wie het so iets wat rond staan en wat voel dat hulle dit kan afstaan vir ons kinders.

Dan al die kamers, daar is nuwe gordyne daar gehang ook vir beide die seuns en die dogters, so dit lyk al heelwat beter, maar nou d**k ek aan om kamers ook te verfraai met elke kamer dalk 'n ander kleur of so, veral ons dogters wil dit nogal so maak. Ons het idees, so is daar iemand wat verf het wat hulle aan ons kan skenk, ons sal vir elke kamer so 5L verf benodig en daar is 10 kamers wat ons wil mooi verf. Kan iemand ons help.

Dan vir die laaste, wil ons in die eetkamer buiten die TV nog ons tafeldoeke vervang. Ons het al ons beskikbare fondse alles in die gordyne in gestoot en sal vir die volgende 20 jaar dit nie hoef te vervang nie, maar wat nog gedoen moet word is ons moet ons tafeldoeke vervang. Ons sit met 12 tafels en wil elke tafel eenders laat lyk, mooi lap met dalk plasties bo oor om dit te beskerm. Iemand wat dalk hier kan help.

Dit is 'n lang lys, maar ek glo daar is iemand daar buite wat dalk betrokke wil raak en ons help. Ons sal dit baie waardeer. Jul kan my gerus skakel by (027) 2192030 of 0836633564.

Hier beplan ek om aan die binnekant van die wit muur hand afdrukke te maak van al die kinders in ons koshuis.  As daar e...
16/09/2018

Hier beplan ek om aan die binnekant van die wit muur hand afdrukke te maak van al die kinders in ons koshuis. As daar enige klein blikkies verf rondstaan wat u glad nie gebruik nie, asb laat my weet ek sal elke bietjie daarvan kan gebruik om die hand afdrukke te maak. Dit sal iets besonders wees waarna die kinders kan kyk oor 'n jaar of twee en sê ja, hier was ek want sien daar is my hand afdruk en naam. Hoe voel julle daaroor?

Hier beplan ek ook om iets moois te maak, wie kan vir my idees gee, en wie sal bereid wees om finansieel daartoe by te d...
16/09/2018

Hier beplan ek ook om iets moois te maak, wie kan vir my idees gee, en wie sal bereid wees om finansieel daartoe by te dra. Ek het wel reeds 'n paar idees maar ek glo nie alles is altyd moontlik en uitvoerbaar nie. U is meer as welkom om betrokke te raak saam sal ons dalk 'n kunswerk kan optower daar. U kan my skakel by 0836633564. Dankie

Dit is hoe dit by ons voordeur lyk vanaf die buite kant, is daar iemand wat ons kan help met mooi groot potte met plante...
16/09/2018

Dit is hoe dit by ons voordeur lyk vanaf die buite kant, is daar iemand wat ons kan help met mooi groot potte met plante daarin om dit vanaf buite mooi te verfraai. Ek is seker iewers staan daar 'n plant of twee wat u nie gebruik nie wat baie mooi by ons voordeur sal lyk. As u iets het lso vir my 'n boodskap by 0836633564. Ek sal regtig van u wil hoor.

Dan aan Mnr Viljoen, ons 2 het lank gesit en gepraat oor hoe en wat ons moet doen, en selfs sy insette het my verbaas.  ...
16/09/2018

Dan aan Mnr Viljoen, ons 2 het lank gesit en gepraat oor hoe en wat ons moet doen, en selfs sy insette het my verbaas. Mnr Viljoen, baie dankie sonder jou sou ek dit nie kon reg kry nie. Daardie goue boom/plant, was geskuif na bo na onder, na links en na regs, maar hy het volgehou hy wil die boom onder op die lys hê, en daardie een het hy gewen, ek moet sê dit lyk mooi, dankie my man.

En hier is die eind produk.  Hier wil ons baie dankie sê aan ons Beheerliggaam wat bereid was om die fondse aan ons besk...
16/09/2018

En hier is die eind produk. Hier wil ons baie dankie sê aan ons Beheerliggaam wat bereid was om die fondse aan ons beskikbaar te stel om die groot taak te kon aanpak en finansier. Ek veral is baie dankbaar, julle het dit moontlik gemaak om dit mooi te maak vir die kinders. Vir my was dit lekker die hele proses, ek was net nie seker teen die einde of dit die regte kleur of keuse was nie, maar die eindresultaat het in al my verwagtinge voldoen. Weereens baie dankie aan julle.

Address

H/v Troe-Troe En Viooltjie Strate
Vanrhynsdorp
7860

Telephone

027 2192030

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Huis BJ Lambrechts posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Business

Send a message to Huis BJ Lambrechts:

Share

Category