Koppisol

Koppisol Contact information, map and directions, contact form, opening hours, services, ratings, photos, videos and announcements from Koppisol, Campground, Old Johannesburg Road, Vereeniging.

27/02/2019

Goeie dag Liewe Koppisol vriende.

Ons vra Asb. dat enige persoon wat sou belangstel om ons te kom besoek of enige navra het per epos met ons in aanraaking sal kom. Weens die weerlig ons telefone uit geslaan het.

Om die kommunikasie te vergemaklik vir buide, gaan ek hier onder paar vra wat ons van julle af gaan benodig hier noem om wanneer julle die epos stuur vir ons klaar kan inplaas.

* Naam en Van?
* Sel nommer?
* Hoeveel persone beplan julle om te wees?
(Weens ons slegs 'n aantal persone toelaat per akkomodasie)
* Gaan dit vir karavaan, chalet of Privaat badkamer wees?
* Kinders onder 3?
* Datum wat julle ons wil kom besoek? Arriveer en Vertrek datums asb.

NEEM ASB KENNIS OOR DIE VOLGENDE:

* Kinders onder 3 jaar bly gratis
* Tariewe is per nag en sluit BTW in teen 15%
* Tariewe is onderhewig aan verandering sonder kennisgewing
* 'n Deposito van 60% van die totale verblyfkoste word vereis binne 3 dae na bespreking,
* balans betaalbaar 7 dae voor aankoms.
* Geen geraas of harde musiek enige tyd van die dag of nag toegelaat nie
* Kansellasies sal slegs aanvaar word tot 60 dae voor aankomsdatum
* Deposito sal slegs terugbetaal word indien verblyf/staanplek verhuur word vir die volle tydperk
* Kansellasiefooi van 10% (minimum R60) van waarde van bespreking sal afgetrek word van enige terugbetalings wat gemaak word
* Persone wat wegbly sal verantwoordelik gehou word vir die volle koste van die bespreekte tydperk of vir 'n gedeelte daarvan indien die staanplek/chalet nie vir die volle tydperk verhuur word nie
* Bespreekte staanplek/chalet word slegs vir 24 uur gehou, daarna is dit beskikbaar om verhuur te word
* Motorfietse word onder geen omstandighede toegelaat nie
* KLAPPERS EN VUURWERKE STRENG VERBODE
* GEEN HONDE TOEGELAAT IN OORD NIE

OORDFASILITEITE: Gaste het GRATIS gebruik van die volgende fasiliteite:

Warm- en kouewaterswembaddens, 85m Waterglybaan
Buite skaak
Kinderspeelpark

L.W. Waterglybaan, warm swembad nie beskikbaar gedurende Gauteng skooldae nie.

* CHALETS:

Arriveer na 14:00. Vertrek 9:00 tensy anders aangedui
Handdoeke vir swembad moet saamgebring word
R50 diensfooi sal gehef word op chalets wat uitermatig onnet gelaat word
30% Afslag aan pensioenarisse middelweek buite seisoen
R300 Breekskade/sleuteldeposito betaalbaar by aankoms - weer terugbetaalbaar
by vertrek indien alles in chalet in 'n goeie toestand gelaat word.

* WOONWASTAANPLEKKE:
15 Amp elektrisiteit ingesluit by tarief
R30.00 per nag vir ekstra voertuig op staanplek
Slegs grondnette toegelaat (geen grondseile)
Pensionarisse afslag (slegs 2 persone)
Afslag buite seisoen vir persone ouer as 60 jaar
(minimum bespreking van 2 nagte)
50% op gewone staanplekke en 25% op staanplekke met eie badkamers
Maksimum 6 persone per staanplek
Fasiliteite waarvoor ekstra betaal word:
Buite snoeker
Mini Gholf


Ons het ook 'n ten volle toegeruste kafee!

Ons neem GEEN DAGBESOEKERS en SLEGS 'n minimum van 2 nag besprekings.

EPOS ONS BY: [email protected] OF [email protected]

Byvoorbaat dankie vir elkeen.

Vriendelike groete
Koppisol Span

26/02/2019

Liewe Koppisol Vriende.

Ons het heerlikke reën die afgelope paar dae gehad maar ongelukkig saam die reën het swaar weer gearriveer. Weens dit is ons telefoon lynne raak geslaan. Indien julle enige besprekings of navra het whatsapp ons op 073 829 2876. Neem ASB kennis whatsapps sal eers na 17:00 beantwoord word.

Vriendelike groete
Koppisol Span

21/09/2017

Ek vra vir almal wat sal belangstel om op hoogte bly van enige spesiale naweke of aanbiedings om my facebook blad by toe voeg op julle vriendelys. Gaan net by "search" en soek na Angelique van Koppisol.

Byvoorbaat dankie vir jul belangstelling en ondersteuning.

Vriendelike groete
Angelique

Goeie dag almal.Ons vra onverskoning vir ons webtuiste wat vir 'n tydjie buite werkend was.  Ons is wel weer aanlyn en v...
23/06/2017

Goeie dag almal.

Ons vra onverskoning vir ons webtuiste wat vir 'n tydjie buite werkend was. Ons is wel weer aanlyn en vra dat julle gerus op ons nuwe webtuiste 'n oogie gaan gooi.

www.koppisol.co.za

Gaan loer ook gerus na ons datums vir ons volgende Boeremusiek naweke.

Byvoorbaat dankie vir elkeen se ondersteuning deur die jare.

Vriendelike groete

Geleë in ‘n rustige, landelike omgewing, slegs 35 km vanaf Johannesburg op die R82 by Southgate verby bied Koppisol lafenis aan die moeë stadsbewoner wat uit die betonoerwoud wil vlug.  Kom rus uit in ‘n pragtige, veilige, boomryke omgewing.  Hier het jy die geleentheid om weer die gekwetter van die...

14/04/2017

Ons wil net baie dankie sê vir Devan Uitenweerde en Thawn Barnard van Overvaal Hoërskool vir hulle hulp gister en Vandag. Ons waardeer dit baie dat julle 2 hard werkende jong mans bereid was om julle 2 dae van skool vakansie op te offer om ons kampers te help tent opslaan.

19/02/2017

Hoor ’n bietjie wat is oordeienaars se grootste gruwe...

21/11/2016
Namens Hennie de Necker van Lava'Neur musiek:Al ons Boeremusiek Vriende goeie nuus, Willem Viljoen van Vastrap op Rsg ko...
12/11/2016

Namens Hennie de Necker van Lava'Neur musiek:
Al ons Boeremusiek Vriende goeie nuus, Willem Viljoen van Vastrap op Rsg kom kuier vir ons by Koppisol tydens ons Bieremusiek naweek, kom skud blad met Wilem en myself, ek stel ook Die Boeremusiek Kêrels se nuwe Cd, In Die Ou Waenhuis, Padkos 2 bekend.. Sien julle daar Hennie

Address

Old Johannesburg Road
Vereeniging
1943

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Koppisol posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Business

Send a message to Koppisol:

Share

Category