21/08/2026
More. Was lanklaas hier🙈 die lewe gaan met n gematigde reëlmaat op Voorbegin aan. Die lewe gebeur, sommige kere met n traan soos ek wat my puggie Nala moes groet. My hart is stukkend. Vir eerste keer in 40 jaar is ek sonder n puggie😭😭😭.
Hier is darem nog 4 ander woefe wat liefde gee.🥰 Roofdiere ook weer in omtrek, Gemsbok heeltemal opgevreet gekry🙈 Rooibokke raak ook minder.
Ons skapies het hierdie seisoen die mooiste grootste lammers wat ek nig gesien het gehad. En wie die pa is, is mammas se geheim😁. Kiepies het ook ewe skielik weer begin broei so hier is heelwat kuikens wat rondhardloop en skrop!
Na die koue spel is dit sommer dadelik somer hier. Perske bloeisels wat sommer net verskyn. Die Yesterday today en tomorrow struik se blomme is pragtig en die reuk hang swaar in die lug.
Die uwe (Alda) is baie opgewonde want ek gaan vir my kinders kuier Desember! Sien so uit! Hoop dat visa toegestaan word🙏
Intussen is daar nog oop plekkies van nou af tot einde Desember vir die wat n breek wil hê van die gejaagde lewe en net sommer wil ontspan in die bosveld!
Henk is hier die heeltyd in Desember om dinge reg te hou hier😁
Bosveld groete en n heerlike naweek
Henk en Alda