28/09/2026
Ons harte is sommer vol dankbaarheid wanneer ons sulke mooi terugvoer van ons gaste ontvang! ❤️
Ons is so bly om te hoor dat julle lekker, gemaklik en tuis gevoel het by Haus der Ruhe. Dit is vir ons belangrik dat elke gas se verblyf aangenaam, netjies en sorgvry is.
⭐️⭐️⭐️⭐️⭐️ Mareyna D.
“Uitstekend, gerieflik en baie mooi!”
“Baie lekker gebly, baie netjies, skoon en gerieflik. Lekker ruim, en daar is alles wat jy nodig het. Sal enige tyd weer daar wil oorbly.”
⭐️⭐️⭐️⭐️⭐️ Carel D.
“Aangenaam.”
“Die kamers is baie ruim en die eienaar was baie behulpsaam. Ons het baie lekker gebly.”
⭐️⭐️⭐️⭐️⭐️ Lochna M.
“Waarde vir geld en sentraal geleë!”
“Blyplek is lekker sentraal. Ons het baie lekker oornag!”
Baie dankie aan elke gas wat die tyd neem om ’n resensie te skryf. Julle mooi woorde beteken regtig baie vir ons! ❤️
🏡 Haus der Ruhe – ’n plek om gemaklik te voel en tuis te wees.