12/02/2024
Een van my arbeiders. Verlede Dinsdag in Bongani Hospitaal opgeneem met beroerte. Een kant heeltemal verlam. Was Saterdag daar. Volgens hom . Geen dokters by hom gewees nie. Geen pille. Geen bloedruk geneem nie. Ons het Dinsdag kos saam gestuur. Daar was nie geraak daaraan nie. Saterdag weer kos en drink goed gevat. Het eers n piesang en daarna n bun verslind. Dit sê vir my geen hulp aan hom gegee om by die voedsel by te kom nie. Suster was geensins behulpsaam om enige inligting te verskaf nie. Net die dokter kan dit gee. Kon nie die dokter se naam of cell vir my gee nie. Toe ek dit vra sê sy in Ingels You are threatening me. Dit is die wonderlike hospitale wat Cyral Ramaphosa in sy toespraak van gepraat het. Saam met die loadshedding is dit n bewys dat hy geensins weet wat aangaan in sy eie land nie. Vriendelikheid is al wat mens van verpleeg personeel verlang. Die pasient wou net saam kom huis toe. Sy familie is vanoggend deur om hom te gaan haal. Hy het gebel en gesê hulle is besig om hom dood te maak. Ek sien net een ding. As die opposisie nie saamstaan en die ANC UITSTEM NIE het ons groot moeilikheid.