Sonop in Groot Marico

Sonop in Groot Marico 'n Heerlike Bosveld wegbreek vir tot en met 8 gaste in die Groot Marico streek. Die kliphuis bied onderdak parkering vir 3 voertuie.

Sonop wegbreek kliphuis is die ideale bestemming vir diegene wat van die stad wil ontsnap vir 'n vakansie of wegbreek naweek. Dit bied verblyf vir tot 8 gaste in twee 2 aparte slaapkamers geleë tussen pragtige heuwels en bos woude. Die asemrowende bosveld is binne 'n 267 hektaar plaas met 'n verskeidenheid wild, voëls en besonderse sonsondergange en bied 'n volwaardige bosveld-ervaring. Sonop is o

ngeveer 2 ure se ry van Pretoria af en hier word gaste omring deur ongerepte natuurskoon van die Marico Biosfeer in Noordwes, geleë 20km buite Zeerust op die N4 hoofweg. Sonop bied ’n privaat selfsorg kliphuis wat onafhanklik van die plaaslike krag netwerk is en met sonkrag en gas werk. Die kliphuis is toegerus met 2 slaapkamers, elk met 4 enkelbeddens en genoeg pakplek vir 8 gaste. Elke kamer het 4 enkel beddens en genoeg kaste vir bagasie, ‘n spieël kas en alle linne en handdoeke word voorsien. Die kliphuis het ‘n ten volle toegeruste badkamer, met ‘n lekker stort, wasbak en toilet. Vir ‘n egte bosveld belewenis en vir ander ‘n nostalgiese ervaring, word warm water voorsien deur ‘n tradisionele donkie. Daar is ook ‘n oopplan kombuis met al die nodige toebehore, insluitend ‘n gas stoof, yskas/vrieskas, mikrogolf-oond, om ‘n naweek in die bos ekstra spesiaal te maak. Buite die kliphuis kan gaste uitsien om elk oggend die dag te begin met ‘n unieke bosveld sonsopkoms voor die dag se aktiwiteite. In die aand bied die leiklip-stoep ‘n gesellige kuier plek vir gaste wat uitkyk op die braai area. Die boma is toegerus met al die nodige braai geriewe en bied ‘n onbelemmerde uitsig om die rustigheid en heerlikheid van die skepping in die sterrehemel met jou geliefdes te deel. Daar is geen tekort aan aktiwiteite nie, van bergfiets ritte, tot stap en draf roetes op die plaas, skyfskiet, jag (binne jag seisoen) en ‘n verkennings wilds ritte van al die verskillende boom spesies, voëls, wild en beeste in die Groot Marico omgewing van ongeveer 90-120min.

Address

N4, C7C5+3W5 Wilgeboomspruit
Zeerust
2850

Opening Hours

Monday 09:00 - 17:00
Tuesday 09:00 - 17:00
Wednesday 09:00 - 17:00
Thursday 09:00 - 17:00
Friday 09:00 - 17:00
Saturday 09:00 - 17:00

Telephone

+27828030608

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Sonop in Groot Marico posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Business

Send a message to Sonop in Groot Marico:

Shortcuts

Share